As jou werkgewer jou alles wil vat

Elke tipe werk het ‘n prys… maar party vra jou alles, en as jy dit nie kan gee nie, dan word dit gegryp.

Vir my is my blog ‘n manier om vir mense te wys wie ek is. Wat regtig in my hart en gedagtes is, want ek is ‘n introvert wat met stokke en swaarde gedreig moet word om sosiaal te verkeer. In ‘n geselskap is ek die stille observeerder, op my blog deel ek onbeskaamd. Hoe anders moet mense, selfs die na an my, die regte ‘ek’ leer ken? Baie mense kyk met ander oë na my vandat hulle my blog lees, want skielik verstaan hulle die mens agter die stilte.

Dis vir my ongelooflik hartseer dat iemand wat ook sy hart oopgemaak het sy blog soos dit nou is laat vaar. Sy werkgewer verkies dat hy eerder ‘n farisiër moet wees as ‘n eerlike sondaar. Jesus het nie vromes gekies om Sy Woord uit te dra nie, dit was gewone mense met sondes soos ek en jy. Dis so maklik om ‘n klip te gooi na die dominee. Ek wonder wat sou die gemeentelede wat hom so kruisig oor sy blog doen as hy net vir een dag sou uitpraat oor sy werk? As hy begin klippe gooi?

Vergiffenis is iets wat net jy en God van weet. Eintlik net God. Want ons jok maar te maklik vir onsself.

Balk in oog IMG_4211

Vergiffenis

My werk vra ook op hierdie stadium my alles, maar op ‘n ander manier. Die jaar stoomroller eenvoudig oor my, ek is al net ‘n mikrofilmpie op die teer!

Eers was dit oueraande, toe is dit Interhoër. Akademiese periodes is net eenvoudig korter gemaak om ‘n sportperiode in te werk. Dit beteken dat mens nou direk voor die siklustoetsreeks wanneer jy eintlik hersiening moes doen met die kinders, moet buig om die akademiese agterstand in te haal. Wintersport het reeds begin, en smiddae moet ons sport afrig en naweke die kinders vergesel na hulle wedstryde. Tussendeur moet jy voorbereiding doen, termynassesserings doen, eksamenvraestelle opstel en dan weer merk. Dan het mens nog ander administratiewe aktiwiteite ook.  Kinders is ongedissiplineerd en uiters lui. Ouers kom skrop op jou kop, dis jou skuld as die bloedjie druip. Jy is die slegte onderwyser. Die kind is die volmaakste skepsel onder die son.

En dan is daar mense wat sê dat dit so lekker is om onderwys te gee, want mens werk net halfdag het nog so baie vakansie ook! Ga! Nog ‘n keer GA! Ek werk die meeste dae meer as 12 ure en word nie oortyd betaal nie. Ek gaan 320+ vraestelle hê om te merk, en 300 projekte… en dan vir 4 dae op ‘n hokkietoer gaan. Vakansie? Onderwysers het slegs in Desember vakansie.

Kla help nie, daar word net gesê dat almal swaarkry. Beplan jou dag beter. Ga! En nog ‘n keer GA!

Hoekom dóén onderwysers en dominees dit aan hulleself en aan hulle gesinne?

Omdat hulle geroepe is, want as jy dit gedoen het vir die lekker moes jy jou kop laat lees!

Categories: Slakgedagtes | 6 Kommentaar

Artikel navigasie

6 thoughts on “As jou werkgewer jou alles wil vat

  1. Ja-nee wragtag!

  2. Stem soos gewoonlik saam met alles wat jy se. En ek is bly jy deel met ons. Ja, skoolhou is harde werk. En ja, om ander te veroordeel is verkeerd. Ek voel ook jammer vir die dominee met sy onvergewensgesinde gemeente. ek het ook al daaroor geskryf. http://seegogga.wordpress.com/2013/03/03/sondagaandgedagtes-om-te-probeer-en-te-fouteer/

  3. estellebrits

    As die bloedjies dit net waardeer het, het mens darem gevoel jy kry iets terug, maar dit gebeur heeltemaal te min.

  4. Kameel

    Omdat jy geroep is….. daar lê die ding. Ek het jou stukkie vir my dogter wat onderwys swot gestuur. Sy lewe al van kleintyd af net skool maar omstandighede het haar in ‘n ander beroep geplaas. Twee kinders later leer sy nou deur Unisa vir onderwyseres. Dit is in haar, en sy kannie daarvan wegkom nie.

Lewer kommentaar op MaanKind Kanselleer antwoord

Blog at WordPress.com.