Monthly Archives: Oktober 2013

Sonsopkoms in pienk en goud

Hierdie prentjie is eintlik kommentaar vir Son.

soms net dink

 

Categories: Slakgedagtes | 2 Kommentaar

‘n Gedagte vir jou

Jy sê jou wieletjies is pap, jy ry al op die rims.

Ek kan ‘n duisend rose vir jou gee

maar jy het nie soveel blompotte nie.

Ek kan vir jou ‘n boks vol sjokolade stuur

maar dan word jy vet.

Ek wens ek kan vir jou sê toemaar, môre is alles reg.

Ek wens ek kan vir jou sê drink ‘n pil, dan is al die pyne weg.

Maar ek kan nie.

Ek kan slegs deur die eter van die internet

‘n prentjie stuur van ietsie moois uit God se wilde tuin.

Ek het self aan hom geruik en kan vertel dit was soet.

Saam met die wind stuur ek vir jou ‘n gedagte…

Mag jy vrede vind.

Ansellia africana IMG_3131

Ansellia africana, welriekende orgidee wat wild groei op ons plaas.

Categories: Gedigte, Omgee | 6 Kommentaar

‘n Meeu raak my hart

My heel eerste ‘behoorlike’ boek wat ek gelees het, oor en oor en oor gelees het totdat ek dele daarvan uit my kop kon opsê, was…

Jonathan_Livingston_Seagull

Mens kan nie onaangeraak bly wanneer jy hierdie werk van Richard Bach lees nie. Jonathan het aan my hart gevat en nesgeskrop in my kop.

Lank gelede voordat ek self ook begin snorkel en skubaduik het, was ek dikwels alleen op Sodwana se strand wanneer die res in die water was. Dan het ek lang ente alleen gestap (toe kon jy nog) op die pragtige strand. Hoe baie keer het ek nie al in Jonathan verander wanneer ek my oë toemaak nie, met die soutsproei op my gesig , die wind deur my hare en ‘n meeu wat krys bo my kop…

My kopie van die boek het ongelukkig verlore geraak en ek het nooit die fliek met dieselfde titel gesien nie. Gisteraand het ek uit die bloute aan Jonathan gedink en besluit om oom Google  te raadpleeg net om weer so bietjie my geheue te verfris. En ek is van voor af verlief. Ek MOET dit net weer en weer lees. Saam met die boek moet mens natuurlik na Neil Diamond se album luister. Behóórlik na die woorde luister…

In my soektog het ek op ‘n artikel op die web afgekom wat beweer dat Bach ‘n laaste deel van Jonathan Livingston Seagull voltooi het en voorgelê het aan sy uitgewer na ‘n naby-dood-ervaring. Interessant. Kan nie wag om te sien wat die eindproduk sal wees nie.

Daar is baie weergawes van Neil se liedjies op UTube. Hierdie een, met uittreksels uit die fliek en gedeeltes uit die teks uit die boek, is wat ek graag wil deel.

Luister en kyk ook na die volgende skakels. Maar dit sal eintlik eers vir jou sin maak indien jy die boek gelees het. (Ek het ‘n voëltjie hoor fluit dat daar ‘n .pdf weergawe is wat mens kan aflaai…)

 

Categories: Slakgedagtes | 8 Kommentaar

Blog at WordPress.com.