Monthly Archives: November 2013

Slakgedagte

teleurstelling

Advertisements
Categories: Slakgedagtes | 4 Kommentaar

Flentertjies vir ‘n nuwe môre

Eens op ‘n tyd
het jou gesig gelag met myne
in ‘n grote spieël.
Maar helaas – die vlekkelose kaatsing
was slegs ‘n refleksie
wat in eie hoop bestaan
en wegspat op die lewensvloer.

Met eerste blik lyk flentertjies soos mors
en gebrokenheid vir ewigaltyd deur.
Koester egter elke stukkie van dit wat was
want tyd en geduld is die lewensmosaïek se meester
wat rondom ‘n Ankerpunt ‘n nuwe môre bou.

Categories: Gedigte, Omgee, Slakgedagtes | Sleutelwoordw: , | 5 Kommentaar

Vioolmusiek

Luister vanaand saam met my na vioolklanke wat uit iemand anders se siel kom nesskrop in myne.

‘n Viool doen net iets in my kop wat geen ander musiekinstrument kan nie. En hierdie meisie ken van haar viool so sy mag maar.

IMG_8305

Categories: Musiek | Lewer kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.