Vrypas hemel toe

‘n Harde knal. ‘n Koeëlronde gaatjie waaruit ‘n bloedrooi slangetjie seil. ‘n Paar stuiptrekkings. Vrypas hemel toe.

Vroegoggend lui my telefoon. “Hallo. Ek wil net seker maak dat jy al wakker is. Jy het gister gesê jy gaan vanoggend kerk toe.” begroet my man se stem my, wetende dat ek ‘n naguiltjie is maar soggens sukkel om aan die gang te kom. “Hallo. Jip, ek is op. Nog deur die weer, maar op.” Die rekenaarstelsel waaraan hy werk in Johannesburg het lewendig begin loop die naweek en hy werk harde, harde ure. Miljoene rande van sy kliënt is op die spel en tyd vir huistoe kom is daar nie.

Die hek staan op ‘n klein skrefie oop. “Seker weer die kameelperde wat ‘n takkie op die spoor laat val het in ‘n poging om die sappigste blaartjies buite by te kom voor ek gistermiddag ingekom het.” dink ek en druk die knoppie toe ek niks gewaar nie.

Die hek gee ‘n ruk en begin beweeg. Staan weer stil. Begin weer rukkering beweeg. Staan stil. Dis met die uitklim wat ek dit hoor. My hart ruk yskoud en my verstand staan stil. Die hek se siklus wil hom toemaak. Verstar volg my oë die geluid. Die geblêr van die jong duikerooitjie sny tot in my siel en ek hoor ‘n beentjie breek. Ek sien hoe sy saamsleep, haar regter voorbeentjie amper heeltemal afgeskeur van haar lyfie.

Met die hek heeltemal toe, is sy stil. Haar ogies staar beangs in myne vas, met haar koppie probeer sy deur die tralies beur. Sy is vasgevang in ‘n gleuf tussen die hek en ‘n muurtjie, haar beentjies verstengel in die tralies. Stukkend. Stúkkend! Met ‘n snik wat rou wurg in my keel draai ek weg. Gaan sit in my kar. Bel ‘n vriend om sy geweer te bring toe ek uiteindelik in staat is om te praat.

‘n Harde knal. ‘n Koeëlronde gaatjie waaruit ‘n bloedrooi slangetjie seil. ‘n Paar stuiptrekkings. Vrypas hemel toe.

Vasgevang

Vasgevang

Advertisements
Categories: Plaaslewe, Slakverdriet | 13 Kommentaar

Artikelnavigasie

13 thoughts on “Vrypas hemel toe

  1. UNLIKE!

  2. Kameel

    Ag slakkelak…… so jammer dat jy so iets moes deurmaak!!

  3. tandula

    Koobs, darem vir haar, kon sy kortliks na die worsteling begin het, hemel toe met ‘n genadeskoot. Mense het nie daai voorreg nie

    • Nee mense het nie. Maar mense se omstandighede is anders. Mense het ‘n rede en tegnologie. Daar kan oorlewing na so ‘n trauma wees.
      BAIE BAIE liefde vir jou. BAIE. xxx

  4. Dis net plein hartseer. Ek is SO jammer – vir jou en vir die bokkie. Niemand moet so iets te hoef aanskou of beleef nie.

  5. agggg einaaahhhhhh……

    dit is tog so vreeslik as so iets moet gebeur, ek wonder altyd eerste of daar iewers ‘n kindjie of ‘n mama vergete wag……………….

    eina eina pyn, ja die lewe sorg vir sy sonskyn en donderstorms, maar sonder die siklusse kan dit nie bestaan nie!!!!!!

    • Dit was ‘n jong ooitjie, lank reeds op haar eie aangewese maar sonder stywe speentjies en uiertjie wat kon dui op n lammetjie. Ook nie dragtig nie.
      Verkeerde plek op verkeerde tyd. So is dit maar.

  6. van die minder lekker dinge, né!!

  7. Kameel

    Slakkelak, MaanKind het my aangeraai om jou te vra of jy ‘n verklaring het vir die tor se eienaardige gedrag. Lees asb daar by Toortsie die stuk “Kringe in die sand” wat ek geskryf het. Dankie!! Mooi dag vir jou.

  8. Ek het die stuk ‘gelike’, nie omdat ek van die storie ‘gehou’ het nie, maar omdat ek die gevoel en die emosie in die stuk waardeer. Die weerloosheid, die oë wat pleit … en dan die dooie lyfie wat sekondes gelede nog gehoop het. Ai…

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: