Wil jy rêrig meer van my weet?

Kobie du Preez hou van die klein dingetjies in die lewe. En van die natuur. En handewerk. En boogskiet. En woorde. En blog sodat sy nie verniet gelewe het nie maar gedeel het van dit wat sy weet en ervaar.

Julie 2012

Ek het Chemie gestudeer en meer as 20 jaar in die industrie gewerk, 13 jaar daarvan in ‘n Forensiese laboratorium. Nou is ek ‘n onderwyseres omdat dit my droom was om ‘n plaas te koop, en hier is nie vir my werk in die platteland nie.

Mitrella dupreezae

My Slakkelak-naam is ‘n woord wat ek self uitgedink het. ‘n Paar jaar terug het die Natal Museum ‘n projek “Alien Snailien” geloods om die omvang van indringerslakke in die land te bepaal. Ek het hierdie gedagte probeer ver-Afrikaans. Ek is mal oor slakke – lewendige slakke en hou hulle as troeteldiere aan. Nie vir lank nie, want ek hou nie van goeters in hokke nie, net vir tye sodat ek hulle kan bestudeer. En skulpe. Maar skulpe is nou deel van ‘n lewe wat met ‘n weerligstraal vernietig is, net my naam is verewig in die wetenskap met ‘n skulpie wat na my vernoem is – Mitrella dupreezae, Lussi 2002. Dis nie sommer ‘n hierjy skulpie nie – hy word gevind in die pense van ‘Slinger’ (Chrysoblephus puniceus ) visse wat hulle vreet in diep waters, nie op die strand nie. Ek het provinsiale en nasionale kleure in FITA boogskiet verwerf. Nasionaal net in 2007, provinsiaal vir ‘n paar jaar. In 2007 het ek ‘n brons medalje by die SA kampioenskap gewen. Hierdie lae resolusie fototjie is al wat ek oor het daarvan. My boog en toerusting het saam met my huis gebrand, anderdag sal ek weer kan bekostig om te skiet.

Bronsmedalje 2007 SA kampioenskap. Nasionale kleure 2007.

My lewe is nooit vervelig nie. Daar is altyd ervarings wat uniek is aan ons lewenswyse en ons woonplek. En aan ons familie.

My gedagtes is ook nie vervelig nie. Ek hou daarvan om sommige van my gedagtes te deel. Sommiges broei ek alleen uit.

Miskien sal JY wat op my blad rondlees, dalk ietsie kan haal uit dit wat ek dink en doen.

13 Kommentaar

13 thoughts on “Wil jy rêrig meer van my weet?

  1. pinkpolkadotfood

    Lekker om jou te ontmoet!!

  2. wow! Om ‘n skulp na jou vernoem te he is ‘n groot eer- wonderlik! Het jy hom ontdek? Spoel hy hier by die suidpunt uit, want hy lyk baie soos skulpies wat ek al hier gesien het?

    • Ek het hom nie ontdek nie, maar die fotos deur my mikroskoop geneem vir die persoon wat dit beskryf het, en vir my aandeel in die projek is een van die skulpies toe na my vernoem. Dit spoel gladnie uit by die kus nie, dis tot sover net in visse se pense gekry, meer noordkus se kant toe.

  3. lekkerjeuk

    Hier leer ek jou nou ook ken. Agteros kom ook in die kraal.

  4. forensies???????? ek dink dit is seker een van die interestantste goed om te kan doen
    ek sê altyd om te weet is om te verstaan…… en as jy so diep delf, kan jy nie anders as om te verstaan nie?????
    ek snuffel lekker hier en soos lekkerjeuk sê, daai agteros ding…..
    jy gaan beslis baie van my spoortjies hier op jou plaas teekom, en al like ek nie jou goggas nie like ek jou woorde

  5. Dit is lekker om jou te ontmoet….en nou weet ek, jy praaat nie bog as jy eers met jou slimkop name kom vir goeters nie! Lekker week

  6. Hierdie agteros het deur die draad gebreek daar by die Litnet kraal. Lekker om jou kennis te maak!

  7. Spokie sny spoor

    Slakkelak, ek hou van jou liefde vir die natuur. Ek sal graag in kontak wil bly aangesien daar ‘n moontlike beplanning van ‘n Skoenlapper Sanctuary in ons omgewing (Magoebaskloof) beplan word. Ek like dus jou goggas en woorde. My eie blog is maar ‘n weekie oud en bou ek nog hard daaraan …

  8. Lekker om jou te ontmoet Slakkelak. Jou kreatiwiteit is aansteeklik

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: