Droog-my-keel

So af en toe kom ek op iets af wat my net kielie… en vandag het ek so ietsie ontdek…  ‘n lieflike naam vir een van die plante op my plaas.

Ken julle ‘n plant met die naam Droog-my-keel?  Wat ‘n pragtige Afrikaanse naam!

Volgens Elsa Pooley in A Field Guide to Wild Flowers of Kwazulu-Natal and the Eastern Region is die bessies van hierdie plant eetbaar en word ook ‘Wildedruif’ genoem. Geen Engelse of ander inheemse taalname word gemeld nie.

Verseker gaan ek enetjie proe een van die dae, ek is seker jy sal saamstem dat hulle baie aanloklik lyk! Volgens Pooley is die wortels giftig, so ek sal dit maar liewer uitlos…

Categories: Biodiversiteit op die plaas | 11 Kommentaar

Artikel navigasie

11 thoughts on “Droog-my-keel

  1. Proe seker frank, vandaar die naam!

  2. Sjoe, jy het altyd sulke interessante inskrywings!!

  3. (Maankind het jy gesien ek gebruik jou woord?) 😉

  4. Terug pieng: Waag en Daag « Kouevuur

  5. Kameel

    Daardie bessies lyk so mooi, en rooi, en eetbaar. Wanneer is die groot proedag?

  6. Kameel

    Het voorheen van haar gepraat, maar praat maar weer. Het jy ooit van Gene Stratton Porter se boeke gelees. Nounet “The Harvester,” klaar gelees. Die stories is seker maar meer vir die jeug geskryf; ek verstom my aan haar liefde vir die natuur. Kan nie meer van haar boeke lees sonder om aan jou te dink nie.

Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.