Seëninge klein en groot

Vader, vandag wil ek u loof en prys vir al die dingetjies wat soveel betekenis aan my alledaagse lewe gee, al die seëninge klein en groot.

Dankie vir die…

voëltjies wat my wakker sing,

kraan met warm water om die nag se slaap weg te was instede van vêr loop en water dra,

koel smaak van tandepasta in my mond in plaas van as,

voorreg van lekker sagte toiletpapier en nie die gekrap van ‘n koerant,

knoppie wat ek kan druk om die ketel te laat sing,

yskas om my melk in aan te hou,

 werk waarheen ek kan gaan,

kar waarmee ek kan ry waar ek wil gaan,

huis met stewige mure en ‘n soliede dak waarheen ek terug kan keer,

voedsel en drank om my lyf te voed,

warm kombers teen die nag se koue en nie ‘n oopgerekte doos nie,

goeie gesondheid waarmee U my seën,

wonderlike voorreg om vry op my plaas te stap en daar met U te praat,

elektroniese media waarmee ek elke dag in kontak met my vêr geliefdes kan wees,

wonderlike familie waarin ek gebore is,

Bowenal dankie dat ek U openlik kan loof en prys, Vader Almagtig groot!

Advertisements
Categories: Slakgedagtes | Sleutelwoordw: , | 3 Kommentaar

Artikelnavigasie

3 thoughts on “Seëninge klein en groot

  1. As mens dankbaar is vir die klein dingetjies, kom die groot goed self.

  2. Kameel

    Laat my aan die lied “tel jou seëninge, tel hul een vir een…….” dink. Ons het so baie om voor dankbaar te wees.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: