Uil op ‘n kluit

Ek het gister die voorreg gehad om ‘n Gevlekte ooruil van naderby te bekyk… in my eie kombuis!

Ons voornemende veearts werk in haar vakansietyd by die plaaslike kliniek en hulle het die uil behandel nadat hy beetgekry is deur honde. Sy het hom saamgebring huistoe en ons het hom op die plaas vrygelaat. Hier is Gevlekte ooruile en hy sal gou ‘n maatjie kry. Ons sien en hoor ook Bosuile en Nonnetjiesuile.

Die oë is aangrypend geel, die foto’s doen nie glad nie reg daaraan nie! Dis die helderste, helder geel wat sterk kontrastreer met die pikswart pupille; ek het nog nooit voorheen so iets gesien nie.

Ek het gedink hy gaan kwaai wees, en gedink die velle gaan waai wanneer Marina haar hande in die boks druk. Hy was egter baie rustig en sy het hom baie professioneel opgetel sonder dat hy stres. Vir my het hy natuurlik gesis toe ek my kameralens in sy gesig druk, maar dis seker te verstane, dis darem ‘n vreeslike groot oog wat vir hom gekyk het!

Ek het baie vinnig ‘n paar foto’s geneem want ek was regtig bang die dier begin stres.

Wat ‘n voorreg om op die plaas te bly en kontak te kan hê met sulke manjifieke diere!

Advertisements
Categories: Biodiversiteit op die plaas, Plaaslewe | Sleutelwoordw: , | 7 Kommentaar

Artikelnavigasie

7 thoughts on “Uil op ‘n kluit

  1. karen

    wow, wat ‘n fantastiese dier! en ja, wat ‘n voorreg vir julle.

  2. Hier by ons is heelwat uile. Dis die graanboerdery, sien, wat die muise lok… en die uile. Ek het hulle nog nooit van so naby bekyk nie, maar elke aand hoor ek hulle roep…. Nie meer bang dat ek sal doodgaan nie, want dan moes dit al lankal gebeur het!! 🙂

  3. As hy kon frons, sou hy! So doek oor die oë middel onder. Not impressed, or amused…

  4. kyker

    Dis darem erg mooi. Ek wonder altyd hoe goed uile en arende regtig kan sien. Waarskynlik baie beter as ons mense.

    • Dit was amazing om te sien hoe ‘kalm’ hierdie uil was terwyl my dogter hom hanteer het. Ek dink hulle sien BAIE goed en ek glo dat eeeeeendag sal ons alles weet

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: