Wanneer goeie dinge in jou hart woon…

Het jy al iets vreeslik stupid gedoen wat jy verskriklik berou het, op jou tande gekners het van frustrasie en jou tong wou stukkies kou van woede vir jouself?

Ek dink die meeste van ons het al, miskien selfs meer as een keer. Verlede Vrydag het ek.

My ousus verjaar oormôre en dis ‘n groot verjaardag waarvan ek later meer sal vertel, en ons familie het dit vir ‘n hele naweek saam met haar gevier. Ek en ons oudste Annerine met haar kindertjies sou van Barberton af ry, my skoonseun in Middelburg kry en kry dan my man en ons jongste van Pretoria af  by Nylsvley waar die res van die familie wag. Sug. Al die reëlings is al klaar genoeg om mens moeg te maak…

Vrydag oggend vra Marina ek moet asseblief vir haar vrugte saambring, ons woon mos in heerlike mango en lietsjie wêreld. Ons was maar haastig, want vyf ure se ry met twee klein kindertjies in die kar is nooit pret nie. Ek was vriendelik deur die bestuurder van die bakkie vermaan om assebliéf tog net gou te maak… Dit was maar ‘n gestoei om die boksies vrugte te balanseer, die seiltjie oop te maak, die vrugte in te squeeze in die oorvol bak, en dan nog goú te maak ook…

By Mookgopong (Naboomspruit) aangekom, vra ek ons moet asseblief by ‘n stalletjie stop, ek wil sommer klaar waatlemoene koop want met ‘n vorige keer was die keuses beperk op die Sondag toe ons huistoe is. By ons sukkel ons al van voor Kersfees af om waatlemoene te kry. En toe is my beursie soek…

Ons ry toe maar tot by Nylsvley sodat ek behoorlik by my voete kan kyk, maar nee, die beursie is weg. Dis waar die geween en gekners van tande toe begin, want julle weet almal watse riekmerol dit is om jou kaarte te stop, jou bestuurslisensie wat vervang moet word en verkeersdepartemente wat net lisensies op sekere dae doen in klein dorpies waarvan jy hierdie week werksverpligtinge het, ensovoorts, ensovoorts…

In die haastigheid om die vrugteboksies onder die seiltjie in te kry in Barberton, het ek die stupid ding gedoen om my beursie op die bumper agter neer te sit om my hande los te kry, en dit daar vergeet. My breinselle is mos maar soms afwesig…

Ek kon darem my bankkaarte dadelik stop en toe is die sein weg vir die res van die naweek. Ek skryf toe maar ‘n Whatsap boodskappie vir my liewe vriendin Bianca in Barberton en vra sy moet aseblief vir my gaan vra by die stalletjie of hy daar afgeval het, in die hoop dat die boodskap een of ander tyd sou deurgaan wanneer daar ‘n glimpsie sein is. Ek koop net by een spesifieke stalletjie, want Annie ken my al en sal vir my sê: Moenie vandag lemoene koop nie hulle is suur, of: Kom môre terug, dan is die tamaties beter. My boodskap het haar eers Saterdag bereik, en haar antwoord dat daar niks was nie, eers vir my Sondagmiddag oppad huistoe.

Kners.

Vandag sit ek in ‘n vergadering en sien my Whatsap liggie brand vir ‘n boodskap van my man af. Dis altyd vir my prioriteit, want ons kontak mekaar net vir iets ernstig in werkstyd. “Iemand het jou beursie opgetel. Bel vir Patricia, hy is by haar in Nelspruit” met haar nommer daarby. Ek skryf toe dadelik vir haar ‘n boodskap dat ek haar sal bel sodra ek kan.

Sy is toe Paticia du Plessis van Alan Hudson Motors in Nelspruit. Haar werkgewer se drywer Dennis het my beursie naby die lisensiekantore van Elukwatini (spelling?) naby Malelane in die pad sien lê, gestop en dit opgetel. Daar was geen kontant in nie…obvious… maar my kaarte was ongeskonde. Die eerste persoon wat die beursie opgetel het, het die kontant geneem en my beursie toe weggegooi. Paticia het toe deur die inhoud gegaan en aan planne gedink om my op te spoor.  Sy kry toe ‘n visite kaartjie van ons veearts, bel hulle toe en vra of hulle my ken. Natuurlik ken hulle my! Roelf se nommer is op leêr as kontaknommer en so kom die boodskap toe by Roelf uit.

Maar dis nie al hoe die boodskap by my uitgekom het in hulle opsporingsproses nie. Haar kollega Wickus

Advertisements
Categories: Omgee | 8 Kommentaar

Artikelnavigasie

8 thoughts on “Wanneer goeie dinge in jou hart woon…

  1. karen

    Wat ‘n lekker storie. Vir al die sleg van sosiale media, maak sulke dinge dit weer die moeite werd 🙂

    • Ek het nog nooit die slegte kant van sosiale media ervaar nie.

      • karen

        Skuus ek antwoord nou eers, was bietjie op ‘n eiland vir so twee weke 😉 Daar is mense wat voel dat sosiale media hulle privaatheid versteur of dat hulle nie wil sien hoe gelukkig ander mense is nie, of wat ookal. Maar ek dink sulke mense het dalk probleme in die regte lewe ook met privaatheid en bietjie jaloesie en sulke goed 😉 Ek het ook geen probleem daarmee nie. Dink dit hang af van hoe mens dit bestuur, en as mens goeie dade daarmee kan doen, hoekom nie!

      • Ek het nog nooit negatiewe dinge ervaar nie. Maar ek het al gesien hoe mense mekaar sleg sê en lelik praat. Hoop jy het lekker gerus op die eiland.

  2. Myne het al so ‘n slag teruggekom op die foto van Vroulief voorin. Een van die kinderks wat in haar klas was het die beursie by haar ouma gesien en so het ouma my sommer dieselfde dag opgespoor en die beursie terugbesorg

  3. Spokie sny spoor

    Ek se maar weer “Hallo”, slakkelak. Iewers met my gesukkel om my blog aan die gang te kry, dink ek ek het jou verloor.
    Het jou skryf-stukkie geniet. DAnkie.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: