‘n Stukkie van my hart is uitgeruk

Dis geen geheim dat ek lief is vir die natuur nie, en dat ek omgee vir die plante en diere en elke klein goggatjie. Ek het al letterlik duisende foto’s van elke lewende en nie-lewende ding wat ek dokumenteer vandat ons die plaas gekoop het einde 2003. Elke lewendige organisme probeer ek identifiseer en maak ruspes groot om te sien hoe die volwasse insek lyk. Ek is die trotse eienaar van my Caterpillar Rearing Badge. Hierdie data word aan wetenskaplikes gestuur en op hierdie manier dra ek op ‘n eenvoudige manier by tot nuwe wetenskaplike inligting. Ek is ‘n paar weke gelede genader deur ‘n persoon oorsee wat van my data en foto’s in sy boek gaan gebruik.

Meer as 350 verskillende blommende plante is al op my lysie, en die hoeveelheid insekte, spinnekoppe en ander lewende organismes groei teen ‘n tempo. Ek kan elke plant se plek gaan wys waar ek dit gekry het.

Ek het ‘n intense passie om elke indringerplant te beveg met alles beskikbaar, om sodoende biodiversiteit te bewaar vir my nageslag. Ekself loop dae in skoolvakansies om Lantana uit te roei, dis benewens twee permanente werkers wat ons aangestel het slegs vir daardie doel. Jaarliks kry ons ook hulp van Work for Water, in die vorm van plantgif en ‘n span wat vir twee weke kom help uitroei. Dis ‘n langsame proses, daar is saad in die grond vir baie jare en so vinnig as wat jy uitroei, kom dit maar weer op. Maar stadig maar seker wen ons weiding terug. Stadig. Maar seker.

Party blomme is algemeen, ander het ek een keer gesien en nooit weer nie. Tot sover het ek vier orgideespesies gekry, een daarvan die lieflike epifiet, Ansellia africana.. Hy groei net op een plek op die plaas en Roelf het al male sonder tal gesê ek moet hom gaan verdeel en ‘n stukkie in ‘n boom by die huis kom vestig. Elke keer het ek gesê nee, dalk volgende seisoen. Wilde plante hoort tog waar hulle hoort… Dis word immers op die Rooi Data Lys geklassifiseer as ‘vulnerable’

Although no accurate values for the number of individuals or subpopulations are known due to the widespread nature of its distribution, it is it known that entire areas are destroyed during collection of Ansellia africana. Even if several subpopulations are known to exist within protected areas, large numbers of A. africana are under no form of protection and with the constant (or increasing) level of harvesting apparent throughout its range a population size reduction over the last few decades (generation length estimated as approximately 10 years) of over 30% can be inferred. This is based on the actual levels of exploitation and a reduction in mature individuals which are often the focus for collection, with the additional threat of habitat destruction. A future reduction of 30% over the next 30 years is also suspected due to their being no sign of a reduction in harvesting levels nor habitat destruction. This species has been categorized as Vulnerable under criteria A2cd and A3cd.”

Ansellia africana

Ansellia africana se pragtige geel blommetjies is ook welriekend

ansellia africana IMG_3127

Ansellia africana, in natuurlike habitat

As ek hom maar by my huis geplant het, dan het hy dalk nie afgebrand nie, want een van die groot redes waarom hy so onwettig gestroop word is om huishoudings teen weerlig te beskerm. “This species is an ornamental, and is therefore heavily collected throughout its range. In South Africa it is used as a love charm, as an antidote for bad dreams and at homesteads to ward off lightning.”

‘n Paar weke gelede het kwaaddoeners ‘n veldbrand gestig by die pad waar die plaas grens met die bure. Roelf en skoonseun het vieruur in die oggend gaan blus en die buurman gekontak waar die vuur vandaan gekom het. Hulle het nie hulle kant gebring nie en net na elf die volgende dag was die vuur buite beheer en het weer oorgekom na ons toe. Negentig persent van ons plaas het gebrand, ons het ‘n sebra en wildebees verloor… en ons koop nou nog voer aan vir ons diere.

Die naweek na die brand het ons bestek geneem en aangesien dit lente is en tyd vir my Ansellia om te blom, was dit een van my prioriteite om te gaan kyk of hy oorleef het. Die bos waarin hy groei het gebrand, met klein kolletjies wat oorleef het. Soos ons aangestap het, was my hart in my keel… as en swart net waar jy kyk… Nader en nader en toe Roelf sê “Kyk… rondom die orgidee se boom het dit nie gebrand nie!” Ek wou huil van blydskap… dis juis so mooi skoon van Lantana na die Work for Water span daar gewerk het, en dis dalk die rede dat dit nie in daardie spesifieke plek gebrand het nie.

My blydskap het verander in woede… waar my pragblom moes wees, was… niks. NIKS. Nie swart gebrande as nie, net niks. Iemand het my plant gesteel. My plant waarop ek so heilig was en nie eers self wou verdeel nie, is af gesteel. ‘n Stukkie van my hart is uitgeruk. Weg vir altyd, want dit was die enigste een op die plaas… net nog ‘n deeltjie in die stroperstatistiek van ons land. Indien die persoon wat hom geneem het dit dalk nog gebruik het as muti vir ‘n siekte, dan sou ‘n spinnerakkie dalk die gat in my hart kon toemaak. Maar as deel van bygelowe? Nee, daarvoor is die gat te diep vir selfs ‘n spinnekop om te probeer klim.

Net die oorblyfseltjies van 'n paar worteltjies is bewys dat daar wel 'n epifiet aan dit tak gegroei het

Net die oorblyfseltjies van ‘n paar worteltjies is bewys dat daar wel ‘n epifiet aan dit tak gegroei het

Advertisements
Categories: Plaaslewe, Slakverdriet | 19 Kommentaar

Artikelnavigasie

19 thoughts on “‘n Stukkie van my hart is uitgeruk

  1. Dis darem gemeen!

  2. Sjoe dis ongelooflik. Mense gun ander niks

  3. karen

    Oe, ek’s so jammer Slakkelak, dis vreeslik 😦 En baie kortsigtig van wie ookal die langvingers gehad het. Ek hoop die plaas is gou weer op sy voete (simpel mense wat nie hulle kant gebring het nie 😦 ). Sterkte!

    • Karen, hulle is besig om op groot skaal Makadamia boorde aan te plant en die een voorman het vir die ander voorman gese: Los die blerrie vuur, ons het bome om te plant…

      Ongelukkig het ek nie geld vir regsaksie nie, want as ek gehad het sou ek voorwaar die diere en weiding wat ek in die brand verloor het, van die eienaar geeis het.

  4. ai so jammer! ek hoop maar net dat hulle hom erens sal plant dat hy weer kan groei. Hier by ons het mense die klein protea en speldekussings so uit my ma se tuin gesteel. Die ergste is dat jy wees hlle gaqan vrek, want hulle verdra nie grondversteuring nie. As hulle kom vra het, sou sy vir hulle dit met ‘n sooi grond uitgesteek het, maar nou trek hulle dit skelm uit en plant oor: tevergeefs!

    • Seegogga, hulle vernietig die plant. Dit word ongelukkig nie weer geplant nie. Dis wat mens nog meer woedend maak. Dis maar soos renosterhoring, die gebruik daarvan moet die koerasie aanhelp en daar is geen wetenskaplike bewys dat dit werk nie, die geloof bestaan in daardie persoon se kop.

  5. Ek het die pos ge-“like” oor die kwaliteit van die skryfwerk, nie die plant se verlies nie. Daaroor is ek dit saam met jou woedend eens.

  6. Ek is sommer saam jou kwaad. en hartseer. 😦

  7. Ek is so jammer dit het met jou gebeur…

  8. Terug pieng: ‘n Week van lekker werk | iBoké

  9. Ek is doodstil. Wat is die kans dat die worteltjies dalk weer sal groei, of is dit heeltemal verby?

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: