Gedwing om stil te sit

Hierdie jaar hardloop vir my onderste bo. Tyd vir lees en blog is minder as min. Tyd vir handwerk is niks. En al vergryp my beroep homself aan my, is dit nie genoeg nie en voel ek nie in beheer van alles wat gedoen moet wees nie….is my werk nie op datum soos dit moet wees nie.

Nou kom foeter ‘n ander ding ook nog om my verder te ontstig en nog verder agter te laat in my werk.

Ten minste kan ek lees en my nuwe tablet gebruik terwyl ek ‘n paar dae plat op my rug gaan lê… Ek en my nuwe tablet is nog nie sulke groot maatjies nie! Ek druk nog soms verkeerde knoppies en dan gebeur goed soos ‘Unfollow’ blog wat ek nie wou gedoen het nie en dan ‘n paar dae daarna agterkom. Gelukkig is ‘Follow’ nou weer gedoen…

My  tassie is gepak, natuurlik sommer met 3 papier storieboeke in net vir ingeval… al weet ek dan klein bietjie kalmeermiddel in ‘n drip genoeg is om my vir ‘n week lank onder te sit. Ek is te bang my tablet kry voetjies terwyl ek slaap, hy moet maar bietjie wag.

Ek ry sommer self hospitaal toe vir my angiogram, die kinders sal vanaand die kar kom haal. Onafhanklik soos altyd. Ek WEET my mense dra my in hulle hart, hulle hoef nie te sit en verveel terwyl ek in die teater is nie, niks wat met my gebeur kan iemand in elk geval verander nie. Wat God vir my beplan, is in Sy plan, no matter what.

Tot later.

Advertisements
Categories: Familie, Omgee | 8 Kommentaar

Artikelnavigasie

8 thoughts on “Gedwing om stil te sit

  1. Stywe druk. Jy gaan okay wees ((()))

  2. Baie baie sterkte. Mag die uitkoms gunstig wees.
    Geniet jou tablet!

  3. karen

    Sterkte! Ek stem, wat gebeur sal gebeur. En dit sal hopelik goed wees 🙂 Lekker boeklees!

  4. Sterkte vir die angiogram en die stilsit.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: