Nannatjies

Ek hou nie van nannatjies nie! Glad nie… niks nie!

My laptop is mos my beste vriendin, my heel, heel beste tjomma.  Met haar ry ek die Internet branders lag-lag, lees boeke, laai foto’s, speel op Photoshop en nog baie meer. Nou het sy ‘n maatjie gekry wat met haar wil meeding, so spierwit Samsung tablet. Mededinging is sterk maar met my laptop vlieg ek in die branders met ‘n kite en die tablet is maar net ‘n lang plank….

Die ding met die nannatjies kom nou in by hierdie twee wat nou my lewe wil kompliseer in hulle mededinging. Samsung wil nou weer anderste wees deur ‘n kleiner SIM kaart te wil gebruik. Toe moes die nou geknip word om in te pas en nou pas dit nie meer in my Vodacom stokkie nie. Nannatjie nommer een. Al manier waarop ek nou met my laptop met my kite kan ry is wanneer ek by die werk is en WiFi toegang het.

Natuurlik het ek WordPress se App afgelaai vir die tablet…. MAAR…. my duisende foto’s en files is op my laptop…. en die Apps is nou maar eenmaal nie so lekker soos die vol program nie. Hier kom nannatjie nommer twee – die tablet het nie ‘n USB poort nie! Ek moes ‘n ekstra nannatjie koop om nou my geheuestokkie te kan gebruik. Hierdie kabeltjie is so kort en klein, ek het hom erens gesit… en nou is erens nerens. Ek hoop maar hy het Vrydag by die eerk agter gebly. Ek hoop…

Party nannatjies is nie gaatjies en uitsteekseltjies nie… hulle is die jakkalsies wat nou in my druiwetrosse baljaar soos dat ek nog nie weet hoe om ‘n kappie of kolletjie op ‘n “e” te kry nie en dit frustreer die vale hel uit my uit…

Ek voorsien dat ek baie binnekort nog ‘n SIM kaart gaan kry want hierdie nuwe wit vriendinnetjie wat my heel beste vriendin wil word, is net tweede beste vriendin en dit net oor ek die kaart moes knip. Ek kan nie verstaan waarom daar nie maar sekere standaarde kan wees vir al die nannatjies nie.

Advertisements
Categories: Slakgedagtes | 3 Kommentaar

Artikelnavigasie

3 thoughts on “Nannatjies

  1. Ja, elkeen van daardie 2 het sy eie plek. Ek tik so VERKEERD op my spierwit Samsung tablet. Om die kappie op die e te kry, hou jy jou vinger of die stokkie op die e. Dan verskyn al die alternatiewe vorms van die e. Moenie jou vinger lig nie, maar trek dit tot by die é of watter een jy wil hê. (Iemand moes my ook eers wys, ek het nie vanself geweet nie!!)
    Geniet jou tablet!
    Ek het gelukkig Wifi in die huis, so ek moet net wees daar waar sein is, dan is tabletjie baie gelukkig.

  2. Terwyl ek wag vir jou kuier skrywe, kom daar nannatjies! Ek weet joune gaan die werklike weergawe van die kuier wees.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: