‘n Gedagte vir jou

Jy sê jou wieletjies is pap, jy ry al op die rims.

Ek kan ‘n duisend rose vir jou gee

maar jy het nie soveel blompotte nie.

Ek kan vir jou ‘n boks vol sjokolade stuur

maar dan word jy vet.

Ek wens ek kan vir jou sê toemaar, môre is alles reg.

Ek wens ek kan vir jou sê drink ‘n pil, dan is al die pyne weg.

Maar ek kan nie.

Ek kan slegs deur die eter van die internet

‘n prentjie stuur van ietsie moois uit God se wilde tuin.

Ek het self aan hom geruik en kan vertel dit was soet.

Saam met die wind stuur ek vir jou ‘n gedagte…

Mag jy vrede vind.

Ansellia africana IMG_3131

Ansellia africana, welriekende orgidee wat wild groei op ons plaas.

Advertisements
Categories: Gedigte, Omgee | 6 Kommentaar

Artikelnavigasie

6 thoughts on “‘n Gedagte vir jou

  1. My vrede vind ek net by U, o Heer, en in U natuur. Dankie 🙂

  2. Verskriklike pragtige woorde, wat n mooi betekenis.

  3. Dis so mooi!

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: