‘n Meeu raak my hart

My heel eerste ‘behoorlike’ boek wat ek gelees het, oor en oor en oor gelees het totdat ek dele daarvan uit my kop kon opsê, was…

Jonathan_Livingston_Seagull

Mens kan nie onaangeraak bly wanneer jy hierdie werk van Richard Bach lees nie. Jonathan het aan my hart gevat en nesgeskrop in my kop.

Lank gelede voordat ek self ook begin snorkel en skubaduik het, was ek dikwels alleen op Sodwana se strand wanneer die res in die water was. Dan het ek lang ente alleen gestap (toe kon jy nog) op die pragtige strand. Hoe baie keer het ek nie al in Jonathan verander wanneer ek my oë toemaak nie, met die soutsproei op my gesig , die wind deur my hare en ‘n meeu wat krys bo my kop…

My kopie van die boek het ongelukkig verlore geraak en ek het nooit die fliek met dieselfde titel gesien nie. Gisteraand het ek uit die bloute aan Jonathan gedink en besluit om oom Google  te raadpleeg net om weer so bietjie my geheue te verfris. En ek is van voor af verlief. Ek MOET dit net weer en weer lees. Saam met die boek moet mens natuurlik na Neil Diamond se album luister. Behóórlik na die woorde luister…

In my soektog het ek op ‘n artikel op die web afgekom wat beweer dat Bach ‘n laaste deel van Jonathan Livingston Seagull voltooi het en voorgelê het aan sy uitgewer na ‘n naby-dood-ervaring. Interessant. Kan nie wag om te sien wat die eindproduk sal wees nie.

Daar is baie weergawes van Neil se liedjies op UTube. Hierdie een, met uittreksels uit die fliek en gedeeltes uit die teks uit die boek, is wat ek graag wil deel.

Luister en kyk ook na die volgende skakels. Maar dit sal eintlik eers vir jou sin maak indien jy die boek gelees het. (Ek het ‘n voëltjie hoor fluit dat daar ‘n .pdf weergawe is wat mens kan aflaai…)

 

Advertisements
Categories: Slakgedagtes | 8 Kommentaar

Artikelnavigasie

8 thoughts on “‘n Meeu raak my hart

  1. Dankie! Wonderlike storie. Ek is weer die Arend van Sweef soos ‘n arend.

  2. Dis so pragtig, Kobie – jou skryf en die musiek.

  3. vega

    Dit was die eerste fliek wat ek en Wyseman saam gesien het, by Ster City Johannesburg teen 50c ‘n kaartjie 🙂 Toe het ons die boek saamgelees en die plaat gekoop. Baie spesiale herinneringe

    • Ek het nooit die fliek gesien nie en het nou eers op YouTube dele gesien. Ek het wel Neil Diamond se musiek op ‘n bandjie gehad en gaan vir my die CD nou soek.

  4. Ek was gek oor hierdie boek. Het dit gelees en voorgelees en weer gelees – ek wat nie sommer ‘n boek meer as een keer lees nie 🙂

  5. Ek kan nie se hoeveel keer ek al die boek gelees het nie. En weer gaan lees nie. Hy het iets in my kop oopgemaak.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: