Spektrum (Lig van die wêreld 2)

In Lig van die wêreld skryf ek wat ek dink God is.

…GOD IS LIG en Alomteenwoordig in alles en almal as die verskillende vorme van ENERGIE wat in ons en deur ons oorgedra word. Ons is na Sy beeld geskape en ons sal ewig voortleef in Sy teenwoordigheid, in die LIG as ons die keuse maak om Hom te aanvaar. Doen jy dit nie, sal jy voortleef in die teenoorgestelde. Donkerte…

Let wel dat ek hierdie Lig met ‘n hoofletter spel, dis nie dieselfde as lig soos wat ons met ons oë ervaar nie.  God wat Lig is, is die hoof Energie waaruit en waardeur alles ontstaan, insluitende lig soos wat ons waarneem.

Sigbare lig lyk wit, maar dit beteken dit nie dat dit wit is nie. Lig soos ons dit ken bestaan uit die kleure van die reënboog. Die spektrum. Rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en violet. Alle ander kleure is kombinasies van hierdie kleure. Elkeen van die kleure het sy eie unieke frekwensie. Wanneer ‘n mens diepseeduik doen, is rooi die eerste kleur wat nie diep deur die water kan dring nie en alles lyk dan blou. Om seker te maak dat jy kan waarneem watter kleur ‘n organisme is, neem jy met elke duik ‘n flits saam, selfs in die dag.

Aan beide kante van die spektrum is daar lig wat ons nie kan sien nie. Infrarooi aan die een kant en Ultraviolet aan die ander kant. Ons kan dit nie waarneem nie, maar dis nie te sê dat dit nie bestaan nie. Sekere organismes, byvoorbeeld blomme, bestaan ook uit kleure wat nie met die oog waargeneem kan word nie maar insekte kan wel die verskil in kleur waarneem en daar is mense wat ure spandeer om dit op ander maniere fotografies vas te vang.

Dispersie van die spektrum vind plaas wanneer wit lig refrakteer (breek) deur ‘n deurskynende voorwerp teen nét die regte hoek tref en dan opbreek in ‘n reënboog. Rooi word die minste gebreek en violet die meeste. Elke kleur met sy eie golflengte en frekwensie.

Lieflike spektrum van lig na 'n lekker buitjie reen

Lieflike spektrum van lig na ‘n lekker buitjie reen

Wanneer daar Sirrus wolke in die lug is, ontstaan daar soms ‘n baie unieke Sonkring. In die wolke is yskristalle en die lig word daardeur gerefrakteer en dan ook gereflekteer sodat jy die spektrumsirkel kan waarneem. Dieselfde verskynsel kom ook voor om die Maan, maar omdat dit donker is kan ons net nie die kleurspektrum duidelik waarneem nie.

Sonkring

Sonkring

‘n Voorwerp kan slegs waargeneem word deur ons oë indien dit die lig daarop inval kan weerkaats. In ons oë is fotoreseptors wat die ligenergie omskakel na elektriese energie wat as impulse deur die senuweeselle na die brein gaan wat dit dan interpreteer. Energie. Een vorm na ‘n ander vorm.

‘n Groen voorwerp weerkaats byvoorbeeld slegs die groen gedeelte van die spektrum wat daarop inval, die ander ses kleure word geabsorbeer.  Die waargeneemde kleur is dus slegs ‘n minimale gedeelte van dít wat geabsorbeer word.  Wit voorwerpe weerkaats alle lig terwyl  swart voorwerpe alle kleur lig absorbeer en niks reflekteer nie.

Dit bring my terug by Lig. En Donkerte. Weerkaatsing en Absorbering. Beteken dit dan dat jy ‘n kleur van die groter kosmiese spektrum is indien jy slegs bietjie van die Lig weerkaats en die meeste absorbeer?

Uit die eienskappe van gewone lig weet ons dat ons nie in die donker kan sien nie, want daar is geen lig wat op ‘n voorwerp val wat gereflekteer kan word nie. Dis nie te sê die voorwerp is nie daar nie, die kwessie is net dat ons dit nie kan waarneem nie.

indien jy glad nie die Lig weerkaats nie, beteken dit ook nie dat jy nie bestaan of ophou bestaan nie. Dit beteken alle Lig word geabsorbeer. ‘n Swart Gat waarin Energie verdwyn.

'n Helder sonskyndag en hierdie blertsie het verskyn

‘n Helder sonskyndag en hierdie blertsie het verskyn

Advertisements
Categories: Slakgedagtes | 6 Kommentaar

Artikelnavigasie

6 thoughts on “Spektrum (Lig van die wêreld 2)

  1. Ek verstaan nie mooi jou laaste paragraaf nie. Vir my voel dit dat jy self eers vol van LIG moet wees voordat jy dit kan weerkaats. As jy sê alle Lig word geabsorbeer moet dit tog ligter word pleks van ‘n swart gat word?

    • Dan het nou gefaal in my verduideliking. ‘n Gewone voorwerp wat kleurpigmente het, absorbeer alle lig behalwe daardie pigment se kleur. As rooi tot violet alles geabsorbeer word, is die voorwerp swart. As dit alles weerkaats is dit wit.

      Om LIG te weerkaats, moet ons ook iets wees, ‘n kleur van die groter kosmiese spektrum om te kan reflekteer.

  2. vega

    As God energie is , dan is Hy nie die Skepper nie, want as Hy die Skepper van alles is het hy energie geskep en hoe kon hy Homself skep? As God energie is het ons God nie nodig nie. Ek verstaan God in die geestelike realm en dis anders as die fisiese realm waarin energie en lig beperk is.

    • Ek sien nog steeds God as skepper van energie soos ons dit ken, en verwys na Hom as Energie wat op ‘n ander vlak is as waarvan ons kennis dra. Uit Sy Energie straal ‘n deel van Hom as energie wat oorgedra word aan alles.

  3. Terug pieng: Dispersie | Slakkelak

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: