Boomgom

Vandag hang ek my kop in skaamte. Ek het twee mense liederlik gefaal en hoop dat dit my vergewe sal word.

Ek is deel van die span wat hierdie jaar ons skool se matriekafskeid reël, en glo vir my, dis harde werk. Ons is al van einde verlede jaar af besig met klein voorbereidinkies, maar met die groot aand môre-aand, lewe ek op die oomblik in ‘n tuimeldroër. Net wanneer ek dink ek is bo, dan wiel ek rondomtalie en val ek weer op my kop.

Ons gebruik nie akademiese tyd vir ons voorbereidings nie, alles word smiddae en saans gedoen.

Vanoggend net met die aanvang van die tweede periode bel Sakhile, een van ons twee plaaswerkertjies. Hy kan skaars Engels praat, en ek gladnie SiSwati nie. Kommunikasie gaan gewoonlik gepaard met wilde arm bewegings om aan te dui waaroor die gesprek nou eintlik gaan.

Hy en sy broertjie bly in die lokasie en ry elke dag fiets plaastoe.  Toe ek nou uiteidelikdie gebroke Engels bymekaar sit is dit wat hoor “Fire close to home, I don’t know where is comes from” was my veronderstelling onmiddellik dat daar weer ‘n veldbrand is by die huis. “Sakhile, I am on my way!”

Ek het my sleutels en handsak gegryp, vir my klas gesê ek het ‘n krisis, die brandweer en LEFPA gebel om ‘n brandspan bymekaar te kry, my dogter in haar klas gebel om haar man te bel dat hy moet kom, ontvangs toe gehardloop om iemand in te lig van my krisis en dat daar ‘n klas sonder ‘n juffrou is, in my kar gespring en gebewe. By die hek gekom was hy gesluit, terug gehol om iemand met ‘n afstandbeheertoestelletjie te kry, terug gehol en net toe ek deur die hek is bel my dogter om te sê dat skoonseun vir Sakhile gebel het en dat dit nie ‘n veldbrand by die huis is nie.

Dit is Sakhile en Sibosisu se huis wat afgebrand het. Vanoggend al.

Terug werk toe, bel die brandweer en LEFPA om die nood te kanselleer. Besig bly. Besig bly. Moenie dink nie. Moenie. Maak die kokon se deurtjie styf toe en gaan aan met die dag soos wat hy beplan was. Spring in die tuimeldroër, fokus net op die take wat beplan was vir die dag.

Half vier is ek druk besig met die matriekafskeid toe my telefoon lui.

Sakhile. Sy dun verwese stemmetjie ruk my terug tot die werklikheid. “Miss, are you still coming?” En net daar slaan die werklikheid my. Hulle nood. Hulle verwesenheid. Wat ek ken maar wat ek nie wil ken nie. Wat ek baie graag van wil vergeet.  Wat ek toesmeer met ‘n rit in die tuimeldroër. Ek is al een wat hy kan bel om te kom help. Sy vroutjie is in Swaziland. Sy ouers ook. Roelf is in Johannesburg. Hulle  het net vir my. En ek het myself in ‘n kokon toegesluit om nie te dink aan my eie ervaring nie. Ek faal hom in hulle nood, die enigste persoon wat hom en sy broertjie nou kan help. Al wat ek kan vra is vergiffenis voor God.

Ek het dadelik gelos waarmee ek besig was, verskoning gemaak, skoonseun gebel om die twee te gaan haal en hulle by Pep gekry. Al het ek hom nie teen my lyf vasgedruk nie, het my oë dit gedoen toe ek in syne kyk. Vanaand hoef hulle nie koud te slaap nie. Môre en oormôre het hulle iets om aan te trek. Hulle kon eet vanaand. Was en afdroog. Christo sou hulle plaastoe vat, maar vriende het aangebied dat hulle daar kon gaan slaap, wat hulle verkies het. Vir die dag na oormôre sal ons die naweek planne maak.

Sorry Sakhile. Sorry Sibosisu.

Ek het vandag besef dat voordat bas oor ‘n snoeimerk groei, daar soms eers gom uitloop en dat die wondjie maar nog rou is indien die gom afgekrap word. Dit vat langer vir bas om te groei as wat ek gedink het, en mens moenie gom met bas verwar nie.

Advertisements
Categories: Omgee, Slakverdriet | 9 Kommentaar

Artikelnavigasie

9 thoughts on “Boomgom

  1. vega

    Jinne hoe sit ek nou hier en huil.

  2. Jy weet presies hoe het dit my middernagtelik geaffekteer toe ek dit op my foon gelees het…

  3. Moenie jouself kasty oor die twee manne nie.
    En jy, ‘n rou wond neem tyd om te genees. En jy het dit dubbeld gehad.
    Jou sorg wat jy wel toegepas het, was reg en goed.
    Sterkte vir jou. Mag jou wond gou genees.

  4. Kameel

    Slakkelak daar waar ‘n mens al geloop het – partymaal is die trane nog nie eers droog nie – daar kan die Here jou gebruik. Jy weet, jy verstaan….. en jy het gedoen. Sterkte!!

    • Kameel ek is teleurgesteld in myself omdat ek nie ONMIDDELLIK gereageer het nie. Ek het regtig gedink my boomgom is al amper bas.

  5. en daar lees ek dit nou weer- en sit en huil dat die trane spat= my emesies is deesdae se vlak-

  6. ai tog- my spelling- emosies !

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: