Verwese

Verwese… ‘n Kort woord wat swaar gelaai is aan emosie.  Verwese. Verslae. Verslaentheid.

‘n Facebook vriendin vra: “Hoe verwoord jy die diepte van verwese?”

Wanneer jy daar onder in die dieptes is, is dit donker. Dis koud. Dis alleen. Jy weet nie watter kant toe nie.

Die dag na ons huis afgebrand het, het een van my liewe sussies gevra wat ek nodig het, sy is in die winkel. Ek onthou dat my antwoord was dat ek te verwese is om dit te weet, want ek het alles nodig. Verwese. Dis wat ek gevoel het. Enkel. Gesnoei tot ‘n enkel tak.

Ek het geleer dat ons Vader leertjies het wat kan reik tot in die diepste van diepste putte van verwesenheid. Daardie lere word genoem: geloof, hoop, liefde. Dit kom van Hom af en Hy stuur familie, vriende, kennisse en vreemdes om die lere te help dra. Dit hang van jouself af of jy jou oë gaan oopdwing om die spatseltjies lig te kan sien wat saam met ‘n leertjie kom.

 ‘n Mens kan nie die diepte van verwesenheid verwoord nie, want daardie gevoel is ‘n allesomvattende gevoel van totale verslaentheid. Dis persoonlik. Dis in die diepte van jou siel. Ek dink egter dat ‘n mens die situasie kan verwoord wat gelei het tot daardie gevoel sodat jy dit kan verwerk. Jy kan jou oë oopdwing om die spatsels hoop en liefde te sien. Jy kan jouself oopmaak om dit te ervaar. Elke spatseltjie groei na meer lig totdat jy net op ‘n dag besef dat daar weer takkies aan jou groei. Later selfs blare en klein blombloeiseltjies.

Dis waar dat die letsels van ‘n intense snoei altyd daar sal wees, maar dit word oorgroei met nuwe bas om die seer weg te vat.

Glo my, daar is lewe na verwesenheid. Daar is.

IMG_6060

Advertisements
Categories: Omgee, Slakgedagtes | 7 Kommentaar

Artikelnavigasie

7 thoughts on “Verwese

  1. My reaksie daarop was instinktief: Jy kan nie. Juis oor die diepte daarvan. Eers as jy weer oor die rant klim sal jy kan. Probeer kyk tot waar jy dit kan verwoord. XX
    Haar reaksie: daai rantjie is donker en ver en alleen
    Die hoop wat jy haar gee, is hoop. Want al is daardie randjie donker en ver, dis dáár.

  2. Dit is nogal n harseer word- ” verwese ! en party kan nie praat daaroor nie- en mense sien nie nood raak in woorde nie

  3. Dis die beste beskrywing ooit wat ek gelees het oor die woord verwese. WOW! Dit het my teruggevat na die paar keer in my lewe waar ek verwese gevoel het en vandag kan sien hoeveel oorwinnings ek behaal het. Dankie.

  4. Kameel

    As depressie en verwesenheid saamgaan was ek daar. Dit is ‘n plek waar pikswartdonkernag heers, en lig of lewe nie toegang het nie.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: