Vandag was my dag van harte

‘n Rukkie gelede het ek op een van my ander blogs ietsie geskryf oor die Blaas-klimop, ‘n uitheemse rankplant met medisinale waarde. Dit het swart en wit saadjies en ek het nie op daardie stadium ‘n foto geneem van die pragtige detail van die saadjies nie. Een van die Engelse algemene name is Love-in-a-puff en is ‘n verwysing na die roomkleurige hartjie op die swart saadjie, en die saadjie groei in ‘n pof omhulseltjie.

IMG_8846.

Ek was so lanklaas in die veld en het vanoggend besluit vandag is die dag wat ek net vir myself gaan vat en doen net wat ek wil. Een ding wat ek op my agenda gehad het was om te gaan kyk of hierdie pragtige saadjies al begin ryp word sodat ek ‘n foto kon neem.

“Hoeveel keer het ek nie al by hierdie klip verbygestap nie…” was een van die eerste dinge wat ek gedink het toe ek hierdie hartklip reg langs my roete kry wat ek baie gereeld stap. En hy was nie verskuil in bossies en gras nie, oop en bloot het hy gelê. Siende blind stap ek al by hom verby vir amper tien jaar.

Hartjie-my-liefie, sit my in jou sak en vat my saam...

Hartjie-my-liefie, sit my in jou sak en vat my saam…

Dit het my nogal laat dink oor hoe ons so baie keer nie God se liefde vir ons raaksien nie. Dis daar, altyd… ons moet net ons oë  oopmaak en dit raaksien. Alles gebeur met ‘n doel al is dit hoe moeilik vir ons om te verstaan. Sy Liefde dra ons, ons moet net gedra WIL wees. WIL vandag dat God jou liefhê.

Advertisements
Categories: Sommer maar net | 2 Kommentaar

Artikelnavigasie

2 thoughts on “Vandag was my dag van harte

  1. Kameel

    Dit is nounet die mooiste hartsaadjies daardie; sommer daar lê ‘n hartboodskap!!!! Dis waar…. soos met jou klip loop ons sommer bo-oor God se liefde vir ons, en neem dit nie aldag waar nie. Mooi boodskap, dankie slakkelak.

  2. dankie slakkelak, dit is pragtig kort en kragtig!!!

    maar gelukkig het ons ‘n geduldige God, wat NOOIT moeg word vir ons oortredinge nie, en al wil ons nie altyd gedra word nie doen HY dit steeds

    ek hoop jou naweek is vol hartjies en God se ewige Liefde

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: