Goeie nuus

Ek is bevrees die ouderdom haal my nou in… Multifokale lense is vandag bestel en ek moet ‘n nier skenk op die swart mark om getinte lense te kan hê, selfs na die afslag wat ek gekry het by my oulike oogkundige. Maar dis my keuse, ek voel net dat ek ELKE dag my bril moet dra en moet goed voel daarmee.

Meer as 15 jaar gelede het ek belê in ‘n titanium Silhouette raam, ek vervang nou net elke keer die lense.

Ek het unieke kykers, my linkeroog is dominant op kort afstande, dan wil die regter ene nie werk nie. Op lang afstande, dan neem regter ene weer oor. Ek sou graag wou kontaklense dra, en het dit al probeer, maar my regteroog is astigmaties met ‘n piepklein groeiseltjie en wil nie die lense hanteer nie. Die groeiseltjie is ook die oorsaak dat ek nie ‘n Lasik operasietjie kon kry nie.

Ek is egter diep dankbaar dat ek ‘n bril kan bekostig.

En dit alles net sodat ek beter kan sien om Maankind se bundel kort-kort verhale deur gesoute en ongesoute skrywers te kan lees. Jy kan ook… Dis nou beskikbaar by Boekemakranka se Kindle e-boeke, eersdaags ook as ePub en in papier.

‘n Gunsteling op my bedkassie

Advertisements
Categories: So doen Slakke dit | 5 Kommentaar

Artikelnavigasie

5 thoughts on “Goeie nuus

  1. Dankie…

  2. Kameel

    Sterkte met die nuwe bril!! Nou kan jy die lewe vol in die oë kyk 😉

  3. Ai, dis regtig jammer van daardie groeiseltjie- ek self dra jare lank al kontaklense en dis wonderlik. Die afgelope paar jaar dra ek net 1 lens. Nou kan een oog naby kyk en die ander een ver. Dit werk soos ‘n bom..maar deesdae plant die oogspesialiste sommer ‘n hele lens oor. Hulle sny nie meer die lense nie. is dit vir jou ‘n moontlike opsie?

  4. lekkerjeuk

    My oe loop ook soos n krap elkeen hulle eie pad, maar kyk darem vorentoe. Ek dra al jare lank bivokale – jy sal dit gou gewoond raak. Dis net die eerste week wat n mens jou voete so hoog oplig. Geniet dit.

  5. jong ja, bivokale lense werk seker vir sommige mens, die slim oogkundiges het nou al glads sulke kontaklense begin maak, maar ek moet sê, daai dag in die kamertjie het dit wonderlik gewerk, maar my ogies wou nie meer saamwerk na so dag of twee met daai goed nie, ek dink hulle was gekonfoes!!! wetie wanneer om naby en wanneer om ver te fokus nie, nou sit ek maar weer die gewone lensies in en sê steeds dankie vir hierdie wonderlike uitvindsel van kontaklense, want my brille lyk mos soos coke bottel bodems!!!!!!! of altan dit het so 20jaar gelede, wetie nou nie en wil ooki weti want die lense behandel my goed en streel my ego om nie soos bennie boekwurm te moet lykie

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: