Geloof, hoop, liefde

Ek wil vir jou iets skryf om jou te troos maar my vingers is te lomp om my deurmekaar gedagtes neer te tik. My gedagtes bly dwaal en hoekom word hoek-om want in een rigting wil my kop nie dink nie… en vier keer hoek-om is maar net dieselfde as al in die rondte, al in die rondte…

Ek wens ek kon vir jou sê dat alles môre OK gaan wees, maar ek kan nie.

Ek wens ek kon jou pyn vir jou wegvat, jou soete drome laat slaap.

Ek wens ek kan ‘n woord spreek en alles in ‘n oogwenk verander.

Ek wens ek kon die aanslag vir jou wegvat, maar ek is net ‘n eenvoudige mens.

Al wat ek kan doen is bid. En vir jou vertel dat ek lief is vir jou al is ek te vêr is om werklik iets daadwerklik te doen om jou las vir jou ligter te maak.

Briefie vir my Vader in die hemelwyd,

As ons na U skepping kyk kan ons net ons asems snak in verwondering. ‘n Waterdruppel op ‘n spinnerak wat die volle spektrum kleur vir ons breek , die huppel van ‘n bokkie deur die veld, ‘n stukkie goud op ‘n gogga se vlerk, die glimlag van onskuld op ‘n babatjie se gesig…

My gebed vandag is ‘n smeking,  Heer… U ken die versugting van my hart. U weet waarvoor ek vra sonder dat ek die woorde hardop hoef te sê of neer te pen.

Asseblief. Asseblief. Genade. Dis al wat ek vra. Omvou U genade en grootse liefde sodat die pad se dorings sal verander in ‘n wolkombers.

Ek weet genade is iets wat nie verdien word nie. Ek weet. En ek weet sekere toestande in ‘n mens se lewe is permanent. Maar ek vra groot, groot asseblief… maak net daardie permanente  las ‘n biejtie makliker. Net ‘n klein bietjie genade. Groot asseblief.

Groete,

Slakkelak

IMG_8756

Advertisements
Categories: Familie, Omgee | Sleutelwoordw: ,,,,,,, | 12 Kommentaar

Artikelnavigasie

12 thoughts on “Geloof, hoop, liefde

  1. Ons weet darem die Here hoor elke gebed. Niks is te klein of te groot voor Hom nie. Ek hoop saam met jou, al weet ek nie wat jou versugting behels nie, vir daardie bietjie genade.
    groete uit NJ
    mathilda

  2. So vra en se^ jy wat ek ook voel.

  3. Dis kosbaar. Jou gebede is baie kragtig, dankie dat jy so vir almal omgee.

  4. kyker

    Sterkte.

  5. Kameel

    So het ek vanoggend voor God vir die stil kind gepleit…. genade!!
    Slakkelak, may Jesus make His face to shine upon you and the circumstances you are praying for, and give you Peace. May you draw even closer to Him in this time, and rest in His Love that never fails..

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: