Die groot blou draak

Die meeste kinders by die skool dink ek is ‘n groot blou draak.

Hoekom? Want jy is in my klas vir akademie. Jy moet eerlik wees. Jy moet werk, en as jy dit nie doen nie, word jy gestraf. Ek bel sommer maklik jou ma. Punte word nie weggegee nie, jy werk daarvoor.

Hoe kry party dit dan reg om verby die growwe skubbe te sien? Hoekom bang hulle nie die sogenaamde rookbolle wat die hele klas vol hang nie?

Hoekom kom breek die afvlerkies dan hulle damwalle in my skoot?

Is dit omdat ek aan doodeerlik glo? Is dit omdat ek hulle teen my vasdruk as die seunslyfies ruk van snik? Of is dit sommer maar net?

Wanneer jy onderwys studeer word jy geleer van die verskillende rolle wat jy moet vertolk; maar daar is geen handboek wat jou kan voorberei op die werklikheid van ‘n klaskamer nie.

Elke jaar is anders. Elke klas is anders. Elke kind is anders.

As ‘n kind vir my vra dat ek met haar ma moet gaan praat, dan doen ek dit. Ek gaan drink tee in die Wimpy en gaan hoor die ander kant. Soms is dit net vir die kinders te moeilik om met die ouers te praat, soms kort hulle net iemand om die ys te breek.

Ek ken egter my beperkinge en bid
dat ek die verskil sal ken tussen betrokke wees sonder om ooit in te meng.

Sommige onderwysers raak nooit betrokke by die kinders nie. Ek kan egter nie ‘n kind wat sy hart kom uitstort vir die wolwe gooi nie en ek kan net bid dat my Vader die wysheid in my hart sal lê om elke situasie reg te hanteer.

Die groot blou draak lyk maar net van vêr af of sy skurfsiekte het en rookbolle blaas. As jy bereid is om nader te kom sal jy sien dat daar sagte wolletjies aan die binnekant van haar hande is en ‘n groot sagte hart.

Advertisements
Categories: Skoolhou | 11 Kommentaar

Artikelnavigasie

11 thoughts on “Die groot blou draak

  1. Kameel

    Hierdie skrywe raak my hart se punt. Vir die kinders se onthalwe sê ek “dankie juffrou slakkelak,” die groot blou draak 😉

  2. lekkerjeuk

    Kinders sien meer raak as wat ‘n mens dink. Daarom sien hulle die groot blou draak se hart raak. Eendag gaan hulle nog vertel watter indruk hierdie juffrou op hulle lewens gemaak het.

  3. Elke kind het so ‘n groot blou draak met ‘n baie sagte hat nodig. jy maak ‘n verskil, groter as wat jy dalk dink,,

    • Die probleem is Seegogga, wat van die ander twintig wat nie verby die draak kan kyk nie? Watter slegte invloed is ek nie op HULLE nie??? Watter skade doen ek nie dalk aan daai nie???

      • Ek glo nie jy doen skade nie. Maar ‘n mens moet besef nie almal spreek tot almal nie. As jy selfs net aan 1 kind se lewe ‘n verskil maak, maak jy ‘n verskil. En die ander, wie weet of jy nie dalk aan hulle ook ‘n verskil maak nie?

  4. hallo blou draak, ek het vir baie lank my kop daaroor gebreek, nie omdat ek ook ‘n juffrou is nie maar omdat ek ook ‘n kwaai mens is, en ek kan jou belowe alhoewel dit soms lyk asof hulle vir jou bang is, is dit juis die dissipline en standvastigheid in jou klas wat tot hulle spreek, al dink jy jy raak hulle lewens nie aan nie of het dalk ‘n negatiewe invloed op hulle, kan ek jou plegtig belowe dit is nie so nie…….

    as ek terug dink aan my onnies is dit juis daardie wat streng was wat my in staat gestel het om dieper te delf in myself, en wat my laat besef het al was ek arm, was ek steeds iets en niks kan dit vandag van my wegneem nie!!!!!! jy is ‘n juffrou so na my hart, en elkeen van jou bloedjies sal dit nog besef en onthou……. onthou dit is die slegte medisyne wat die gesondste maak! en ek glo ‘n kind het leiding nodig, wat help dit jy is ‘n martie martelgat en speel buddie buddie met die kinders en hulle het geen anker of voorbeeld van reg of verkeerd nie

  5. My tipe juffrou. Moenie dat ander jou ooit van hierdie pad af dwing nie. Jy het die regte benadering.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: