Juffrou spring vêr

Donderdag en Vrydag het ons atletiek- en swemuitdunne by die skool gehad. Donderdag het ek by spiesgooi gewerk met die seuns se atletiekuitdunne en Vrydag was ek en ‘n medekollega verantwoordelik om die o/15 dogters te vergesel na elke item.

Van ons en die personeel by elke punt is verwag om massadeelname aan te moedig in ons groepe en dis regtig nie ‘n maklike taak met 60 tienermeisies nie!

Die puntpersoneel het aanvanklik basies al die motivering in my groep gedoe en ek het net die administrasie gedoen. Ons derde item was vêrspring en ek het so ewe in die ry gaan staan en ‘n beurt afgewag. Die meisies het my baie geammuseerd dopgehou en nie gedink ek gaan dit regtig doen nie! Toe ek begin hardloop was daar ‘n luide gejuig en handeklap totdat ek geland het. “Sjoe, Juffrou! Juffrou het sowaar verder as ek gespring. Eish Mam, we didn’t know you can run… ”

Die enkele afdaal na hulle vlak en ‘voorbeeld’ wat ek gestel het sonder om te raas en skel het gemaak dat my hele groepie daarna aan byna al die items deelgeneem sonder aanmoediging, met uitsondering van hekkies waar sommiges se lyfies nou regtig nie geskik was nie. By hoogspring het ons die lat afgehaal en elkeen het op die mat neergeplons, die atlete het tipiese hoogspringstyl gespring en het verdere beurte gekry.
By elke item het hulle mekaar aangemoedig en niemand was dikbek nie.

Maar wee o wee… Toe ek nou gistermiddag begin rustig raak met huistoe kom tyd het ek bewus geraak van ‘n pyntjie in my voet. En hoe later hoe kwater…Toe ek my tekkies uittrek toe raak my voet regtig seer en al hoe seerder. Teen die tyd wat ek en Marina halpad deur die mall geloop het, wou ek huil. Ons het ons shoppingspree kortgeknip en by die apteek gaan perdesalf en Voltarenpille kry. En teen die tyd wat ons by die huis gekom het, moes Roelf my kom in dra… my voet was vet opgeswel en BAIE seer. Ek kan nou nog nie glo dat ek hom so kon beseer en die hele dag loop sonder om enige iets te voel nie!

“Mamma, dis oor mens nie in die vêrspringput hoort as jy amper agt-en-veertig is nie.” en “Jy weet mos met jou voete is dit stupid.” was van die opmerkings by die huis. Gelukkig is die swelling vanoggend baie beter en die pyn amper heeltemal weg.

Ek hoop van harte dat ek elke kind gister met respek en deernis behandel het en dat niemand enige letsels oorgehou het nie.In ons skooldae was almal gedwing om deel te neem en dis nie altyd met deernis gedoen nie.

Almal is nie atlete nie, en almal is nie akademies aangelê nie; maar dis tog soms nodig om uit jou gemaksone te beweeg om eenheid in jou groep te leer… om te leer om ander aan te moedig om iets nuuts te bereik, al is dit net om ‘n gewig een meter vêr te gooi of die spies in die regte rigting te houvas.

Ons skool se motto vir die jaar is “Werk saam, wen saam” en ons leuse is “Volhard/Persevere”. Ek hoop dat ek dit positief saam met my groepie kon uitleef gister en dat elkeen iets positief uit die ondervinding kon haal.

Vandag is my voet nog effens geswel en rooi waar hy beseer is

Vandag is my voet nog effens geswel en rooi waar hy beseer is

Advertisements
Categories: Skoolhou | 6 Kommentaar

Artikelnavigasie

6 thoughts on “Juffrou spring vêr

  1. Jy is n ster Juffrou en voorbeeld vir baie
    Sent from my BlackBerry® wireless device

  2. Kameel

    Jy het ‘n duur prys betaal juffrou, maar dit was ‘n wonderlike voorbeeld. Sal nie verbaas wees as jy voortleef in party van daardie kinders se heriinneringe nie 😉

  3. Lyk seer! Die kinders gaan jou liefhê en jou kollegas gaan jou haat…

  4. tandula

    Doen volgende seisoen die hoogspring 🙂 Daar land jy darem op die kussing en die massa deelneem effek is dieselfde. Plus punte is jou studente gaan nou vir weke lank elke keer as jy verby hinkepink, ‘n visual reminder he, en hulle gaan ge-inspireerd bly elke keer as hulle jou sien. As Juffrou kan, dan kan ek ook, tipe ding

    Bravo Jufrou Slakkelak, Bravo!

    • Dankie Tandula, juffrou het die naweek haar poot in die lug gehou en perdesalf gesmeer elke keer wanneer sy by die pot verbygeloop het en vandag is hy al amper sonder hink en pink.

  5. Vandag is die ou poot sommer baie beter nadat ek hom die naweek maar gespaar het ek lang tye met hom in die lug gele het en mildelik met die perdesalf bygekom het elke keer wanneer ek verby die pot geloop het. Die hink en pink is amper weg.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: