Tyd

Hierdie tyd van die jaar is ek altyd meer as ander tye vreeslik bewus van die tyd wat so onder ‘n mens uithardloop. Hoe ouer ek raak, hoe vinniger voel dit hardloop die tyd. Dis ook ‘n tyd van die jaar wanneer ‘n mens bestek neem van die jaar se gebeure en ‘n oordenking van hoe dit jou geraak het. Vir ons het daar hierdie jaar baie dinge gebeur. Sommige gebeurtenisse was groot vreugde, ander was baie hartseer en tussendeur het ons sommer net aangegaan met ons lewens.

Desembervakansies is gewoonlik tyd vir werk op die plaas, dis somer, dis reën en dis die tyd waarin die Pompoms hulle kleur kom wys. Nie hulle mooi pienk-pers kleur nie, maar hulle ware kleure… daai indringerkleure!

Hierdie vakansie se eerste deel het ‘n bietjie anders as gewoonlik vir my verloop. Ek het mos vroeër die jaar my eerste kleinkind ryker geword, en sy het bietjie by ouma kom kuier terwyl haar mamma en pappa hulle laat-wittebrood gaan vier het. Dit het beteken dat ouma nie so baie tyd in die veld kon spandeer nie, want klein babatjies kan nie saamgaan nie.

Besig was ek wel, sommer baie besig… maar dit was ‘n heerlike tyd meestal in my werkskamer. Zelmarie het baie ure saam met ouma daar gekuier, en sommer lekker in haar stootwa gedut terwyl ouma werk of groot stories vertel wanneer sy wakker was. Ek het sommer ‘n hele klompie goedjies gemaak, vir ‘n slag vir myself ook, gewoonlik is dit altyd vir iemand anders. My kombuis het ‘n paar dinge ryker geword, waarvan party nog nie voltooi is nie, maar ek het ook ‘n paar geskenke gemaak.

Gebreekte borde kry 'n nuwe lewe

Gebreekte borde kry ‘n nuwe lewe

Daar is ‘n spreekwoord wat sê: “Tyd genees alle wonde” en ek het hierdie horlosie gemaak vir my kamer as simbool daarvan. Die middelste gedeelte is gemaak van gebreekte borde uit die brandrommel van vroeër vanjaar.

Soos hierdie stukkende borde is ‘n mens se lewe ook maar, daar is altyd stukkies om op te tel om ’n nuwe begin te maak. Die ou stukkies se doel was uitgedien, en gekombineer met nuwe idees kry dit ‘n nuwe lewe. Moenie vasklou aan wat was nie, dink nuut. Dink môre.

Advertisements
Categories: Slakgedagtes | 4 Kommentaar

Artikelnavigasie

4 thoughts on “Tyd

  1. Reblogged this on iBoké.

  2. Dis baie waar, en as mens weer moedeloos word, moet mens dit net weer onthou,

  3. Dis wonderlik hoe julle uit die as kon opstaan en dit oorwin met kuns! Mag 2013 baie meer seëninge inhou!

    • Baie dankie Donks, baie seeninge vir julle ook. “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” Alle eer aan ons Hemelse Vader.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: