‘n Klip is ‘n klip

Sien jy wat ek sien?

Sien jy wat ek sien?

Het julle ook toe julle kinders was op die naat van julle rûe gelê en soek na patroontjies in die wolke?

Ek sien patroontjies orals, nou nog! Kyk bietjie volgende keer wat jy ‘n lekker borrelbad vat watter mooi goedjies jy kan sien in die skuimpatroontjies.

Kyk of jy ook die man kan sien wat sy gesig vir my in klip gewys toe ek nou die dag in die veld gaan stap het. Ek het net ‘n foto geneem en hom nie aangedra huistoe nie… hy wil graag in die veld bly, al het my hande gejuk om hom saam te dra.

Vir die van julle wat nie so groot verbeelding het soos ek nie...

Vir die van julle wat nie so groot verbeelding het soos ek nie…

Eintlik jok ek, hy was te swaar om te dra met een hand… hy wou nie regtig daar bly nie, hy wou saam met my huistoe gaan!

Eendag wanneer ek hom weer kry sal ek dalk ‘n plannetjie maak.

Advertisements
Categories: Plaaslewe | 3 Kommentaar

Artikelnavigasie

3 thoughts on “‘n Klip is ‘n klip

  1. Kameel

    Ek het hom dadelik uitgeken, die man van jou. Daar is patrone en gesigte in alles. Nou een dag bly die gesig in die badkamermat vir my lag…. gaan haal later papier en potlood, en teken hom. Afhangende van hoe die mat getrap is, is daar die komieklikste gesiggies daarin. Gister was dit ‘n eend.

  2. lekkerjeuk

    Ek sien hom, ja! As kind het ek altyd allerhande gesigte en patrone in ons bont slaapkamergordyne gesien.

  3. Gesien! Hy is nie so mooi soos die man op my badkamervloer nie…

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: