Is diep binne jou nog ‘n kind?

Ek dog maar net ek vra of daar nog diep binne jou ‘n kindjie woon, want ek het nog nooit die sywurmfase ontgroei nie en ek het maar net gewonder of ek allenig op hierdie aarde is…

Onthou maar die spreekwoord van “beauty lies in the eye of the beholder”, né, voor ek nou weer moet hoor “Waar’s die Doom?”

Hierdie is my gunsteling ruspe, Rhanidophora phedonia. In Engels is die algemene naam Shortsnout Dice moth.

Rhanidophora phedonia

Hulle gasheerplant is Thunbergia atripicifolia en ek kan nie verby ‘n plant loop sonder om te kyk of daar nie een of meer van hierdie mooi goedjies op is nie.

Thunbergia atripicifolia

My insekboek het my verwar met die name en ek wou doodseker maak vir myself. En vir ander mense wat ook dalk so verward kan wees soos ek, ons is nie almal ewe slim nie! Toe dra ek maar enetjie aan huistoe en prakseer vir hom ‘n houer waarin ek hom heeltyd kon beskou. Die eintlike rede is dat ek wou sien hoe die volwasse organisme lyk, in hierdie geval die mot.

Roomyshouers is nuttig vir baie dinge!

Gelukkig is daar ander mense wat baaaaie slim is wat vir my met die regte naampie kon help nadat ek ‘n foto van die mot op ‘n identifiseringswebblad gesit het.En nou weet ek.

Rhanidophora phedonia, Shortsnouted dice moth

Intussen het ek nog drie ander mooies ook aangedra en wag vir hulle motte ook om te verskyn…

Woon daar nog ‘n kind binne my? Verseker! Maar die grootmens gebruik die kind in haar en lewer ‘n bydrae tot wetenskaplike kennis sodat niemand hoef te wonder watter motjie hoort by watter ruspetjie nie…

Advertisements
Categories: Biodiversiteit op die plaas, Plaaslewe | 12 Kommentaar

Artikelnavigasie

12 thoughts on “Is diep binne jou nog ‘n kind?

  1. Skip…

  2. lekkerjeuk

    Daardie ruspe se kleure is inderdaad baie mooi.

  3. die dag as jy daardie kind in jou verloor is die dag wat jy maar kan weet jy is op die verkeerde pad, want ons Hemelse Pappie sê dan self jy moet soos ‘n kind raak, en daarmee glo ek bedoel HY moet NOOIT die kind in jou verloor nie………….
    as mens soos ‘n kind redeneer, is daar nie plek vir al die gal en slim wat mens dink jy tel op langs die grootword paaie nie!!!!!!!
    so ek is ook nog ‘n kinnes……….. hallo maatjie!!!! maar ek moet bieg, vir daar baie voetige goedjies, en of vlerke goedjies gril ek, en het ek ‘n ewige vrees

  4. ps…. ek like die kind hoor nie die speelgoed nie,,,,,eeeuuuwwww

  5. Beide die rusper en die mot is baie mooi!

  6. Kameel

    Ag kon liewe Jesus maar nie net die mooi gemaak het sonder dat dit eers deur daardie ruspe fase moes gaan nie? Die ruspe maak vir kindjie bang 😯 Slakkelak tussen jou en Gene Potter probeer ek nou baie hard om nie al wat ‘n ding is dood te slaan, of te Doom nie….. maar ek sukkel.

  7. Ek is ook nog ‘n kinders….

  8. Terug pieng: Avontuur in die woestyn (3) | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: