Stof tot stof

‘n Wetenskaples in kort vir jou oor Stikstof, een van die belangrikste elemente op die periodieke tabel, en weerlig.

Ons atmosfeer bevat amper 78% stikstof en dit kom voor as ‘n diatomiese molekule, N2. Hierdie molekule is inert (dit beteken onreaktief) en om die bindings te breek sodat die atoom met ander atome kan verbind, benodig ‘n enorme hoeveelheid energie.

Weerlig is ‘n natuurlike bron van energie wat genoeg is om die bindings te breek sodat die stikstofatome met die suurstof in die atmosfeer kan verbind om stikstofoksied te vorm. Dit los op in die rëen en vorm oplosbare nitrate wat na die aarde val om die grond te verryk.

Plante gebruik hierdie nitrate uit die grond en vorm nutriënte. Ons eet die plante en proteïene soos spiere vorm in ons liggame. Uiteindelik verrot ons wanneer ons sterf en word die stikstof weer vrygestel aan die atmosfeer.

Stof tot stof.

*************

Gaan lees hier meer oor die stikstofsiklus, dis in eenvoudige taal geskryf

Categories: Gedigte, Slakgedagtes, Sommer maar net | 8 Kommentaar

Artikel navigasie

8 thoughts on “Stof tot stof

  1. Kamee het ook nou net daar by Toortsie oor Stof is jy geskryf

    • Ek sukkel al die hele middag om my foto te upload. My sein is SLEG wanneer dit onweer is, ek sal more pouse gaan lees, nou is my geduld OP, maar my foto, wat die eintlike inskrywing is, is geplaas

  2. Kameel

    Dit is nou interessant. Ek het ‘n rukkie gelede oor “Stof is jy” geblog, en nou kry ek ‘n les daarby… dankie!!!!

  3. Ek dink ook dit is baie interessant, en om ‘n foto op so ‘n kritieke oomblik te neem is wonderlik!

  4. Sjoe dis baie interessant. Ek weet dat weerlig ‘n goeie rede moet hê, maar hierdie Kapenaar is regtig baie bang daarvoor…. Gelukkig gebeur dit darem nie so erg by ons nie.

Lewer kommentaar op Slakkelak Kanselleer antwoord

Blog at WordPress.com.