Silhouette

Soms moet ‘n mens op die regte plek, op die regte tyd wees… Een so ‘n dag was Marina daar, maar sy het dit nie vir haarself gehou nie. Sy het met die vierwielmotorfiets huistoe gejaag en my en my kamera kom haal.

Ons het ‘n massiewe granietrots waar ons soms vir die son gaan koebaai sê. Dis ‘n vredevolle plek en die klip straal nog lank na die son onder is ‘n heerlike hitte uit. Toe sy daar kom het Frieda, ons geliefde kameelperdkoei, bo-op ons koebaaiklip gestaan.

Koebaai dag, hallo nag!

Die silhoutte van die gogga is teen ‘n ruit geneem en is vanaf die onderkant van die gogga. Interessant hoe die agtergrondkleur uitgekom het!

Chrysoperla

 

http://dailypost.wordpress.com/2012/10/19/weekly-photo-challenge-silhouette/

Categories: Plaaslewe, Weeklikse foto uitdaging | 16 Kommentaar

Artikel navigasie

16 thoughts on “Silhouette

  1. Asof sy dit vir julle gedoen het. Spesiaal!

  2. Dit is baie spesiaal

  3. Terug pieng: Weekly Photo Challenge: Silhouette « patriciaddrury

  4. These are great!

  5. Terug pieng: Weekly Photo Challenge: Silhouette | Life of 24 Hours

  6. kyker

    Frieda die kameelperdkoei lyk baie elegant. ‘n Perfekte sihouette. Miskien moet mens haar eerder ‘n kameelperdmerrie noem? Hehe.

  7. sjoe, dis pragtig. Hoe mak is sy?

    • Mak genoeg om so 10 tree van haar af te wees, maar nie nader nie.

      • sjoe, dit moet wonderlik wees( en effens vreesaanjaend) om so naby te kom. Maankinjie llat weet ek moet jou vra hoekom jou naam slakkelak is.. Ek dink ek weet, maar vertel my asseblief?

      • Dis nie vreesaanjaend nie. Groots. Eers wanneer mens so naby hulle is dan besef jy hoe groot hulle regtig is. Hulle is vreeslik nuuskierig het het baie persoonlikheid. Baie oulik – die koei sal agter ‘n boom staan met haar lyf en dan so van die kant af koekeloer of jy haar sien. Die bul kom selfs nader aan jou as 10 tree as jy baie geduldig is. Maar hulle is wilde diere en ons behou ons respek vir hulle. Mens vat nie onnodig kanse nie.

        Wat Slakkelak betref, gaan lees gerus by die “wil jy regtig meer van my weet’ gedeelte op my tuisbladsy.

  8. Terug pieng: Weekly Photo Challenge: Silhouette | Rebecca Barray – Writer/Photographer

Lewer kommentaar op annemarie Kanselleer antwoord

Blog at WordPress.com.