Molletjie

Molletjie, molletjie kom tog uit,

Sout en peper en boerbeskuit!

Kenmerkende holtetjie van ‘n mierleeularwe

Ken julle hierdie rympie? Ons het dit as kinders opgesê terwyl ons met ‘n grassie roer om die molletjies (mierleeularwes) uit hulle gaatjies te kry.

Molletjie, molletjie kom tog uit,
Sout en peper en boerbeskuit!

Teen die tyd wat mens by ‘boerbeskuit’ uitgekom het, was die molletjie gewoonlik op die oppervlak en is hulle in klewerige kinderhandjies van naderby beskou. Dit was groot pret om hulle weer terug te gooi en te sien hoe vinnig hulle so agteruit grawe om weer weg te kruip.

Uiteindelik, jou klein rakker!

Mooi van lelikgeid

Soms het ons miertjies gevang om te probeer kyk of die molletjie hulle gaan kom vang, maar daarmee was ek nooit suksesvol nie. Dalk was ek net te haastig…

Ek het nooit die rympie vir my kinders geleer nie. Dis vreeslik! Ma’s kan tog so besig raak met hul eie dinge dat hulle vergeet van vreeslike belangrike kinderopvoeding.

Maar ek sal onthou om my kleinkinders te leer wanneer hulle op die plaas gaan kom kuier. Ouma Plaas het al ‘n goggaboek wat wag in die kas want een van die dae gaan sewe week oue Zelmarietjie groot genoeg wees dat Oums dit vir haar kan lees…

Gaan lees gerus op my ander blog ‘n paar interessante feite oor mierleeus en diesulkes.

Advertisements
Categories: Biodiversiteit op die plaas, Plaaslewe | 16 Kommentaar

Artikelnavigasie

16 thoughts on “Molletjie

  1. Ek doen ook partykeer ander goed met die seuntjies
    Sent from my BlackBerry® wireless device

  2. Onthou jy hoe ons ‘miertjies’ gevang het na ‘n reënbuis as hulle so rondfladder?

  3. Ja, en dan het julle altyd vertel van Beyers van langsaan wat dit ge-eet het!

    Ek dink ek as Ma was so besig om te probeer Ma wees dat ek vergeet het om my kinders van kleintydlekkertes te leer.

  4. ons het hulle ook so geroer, maar ek is amper seker dit was met ‘n ander rympie. As ek dit tog net kan onthou…….

  5. tandula

    Ons het miertjies gevang, en molle getart, en met elke groot middel van die dag reen buite toe gegaan en in die puddles gespring — dit was my ma se ding die kaalvoet in die puddles en reenboe 🙂 en ons het plaas ouma (meer oupa wat ons dinge geleer het) EN plot ouma gehad en HOPE tannies en ooms wat self nog kinders was en met ons gespeel het … en einlik was ons ma ook self nog ‘n kind toe ons klein was, sy het nooit haar Wonder vir die klein dingetjies verloor nie, en altyd vir ons die goedjies gewys … soos hoe spesiaal is ‘n leeubekkie blommetjie, of ‘n ertjie blommetjie. en hoe weet jy wanneer is die ertjies nou ryp om te pluk. Klein klein details wat ‘n groot ryk dom is

    Ons het so ‘n geseende lewe gehad daai jare

    • Slakkelak

      Ouma het vir ons alles geleer. Sy het my geleer waarneem. Maar om te observeer is inherent deel van my wese. Ek sien in mense en diere en alles dinge wat mense soms self nie van hulle self weet nie.

      • tandula

        is so. as mens jou oe oophou, sien jy dinge, diep dinge

  6. Ek onthou!!! En ja, ek het dit ook nie vir my kinders geleer nie. 😦 Maar ek het hulle darem ‘n paar ander goedjies geleer. Dankie dat jy ons herinner het. 🙂

  7. Kameel

    Ons het geklop en iets van tok tokkie gesê…. maar ek weet nou nie of dit dieselfde molletjie ding was wat daar uitgekom het nie. Miskien het ons by ‘n ander tipe gogga se deur gaan klop 🙂

  8. Terug pieng: My gunsteling dinge…. | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  9. Terug pieng: Waar my geluk lê. « Slakkelak

  10. o, hulle is wonderlik fassinerende wesens! Ek hou van jou blog

  11. Ons rympie was: Molletjie, Molletjie kom tog uit, jou pa en ma staan voor die deur! Dan het ons hulle ook so geroer! haha… bly om te sien ander het dit ook gedoen.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: