Myne

‘n Simpel, alledaagse voorwerpie, maar dis MYNE! Hoekom is dit so spesiaal dat dit ‘n storie verdien? Want hierdie naelvyltjie het ‘n spesiale storie om te vertel…

Die grootste rede vir sy spesiaalgeid is sy funksionaliteit en ek het in meer as dertig jaar nog nie sy gelyke gekry nie.Glo my, ek het in die afgelope jaar twee gekoop en hulle lê ongebruik in my laai.

Rondom standerd sewe rond was daar een naweek ‘n JV kamp by die kerk en ‘n groep van Pretoria van my suster se kerk het dit ook bygewoon. Oppad terug het my suster en haar man vir oulaas by ons huis aangekom, en die groep was saam.

Na hulle weg is het ek ‘n draai gaan maak by die aarbeibedding om te kyk of hulle darem vir ons ietsie oorgelos het. Daar vind ek toe hierdie klein, fyn vyltjie. Ek het hom mooi gewas en hom myne gemaak. My kleinsus het my verdink dat ek dit gesteel het, want sy het vroeër die dag ‘n meisiekind met hom gesien… maar ek het nie. Hy het seker uit haar sak geval toe sy gebuk het om ‘n aarbei te pluk.

Vir baie jare het dit diens gedoen. Later het die kinders hom ook ontdek, en ek het hom tekemale uit hulle badkamersakkies gaan konfiskeer.

En toe raak hy weg. Niemand kon onthou wie of waar hy laaste gebruik was nie.

Ongeveer vier jaar gelede het my wasmasjien opgepak en ons het ‘n nuwe gekoop. Die oue is na my swaer toe, hy het altyd ‘n gebruik vir een of ander part in ou goed. Een dag toe hy weer kom kuier het vertel hy my dat hy amper R70 se silwergeld uit die ou wasmasjien se binnegoed gekry het, en ‘n naelvyltjie wat so lekker handig is! Die walvis het vir Jona uitgespoeg…

Nou toe. Ek weet dis lelik om iets weg te gee en dan terug te vra. Maar ek het. Ek het vir hom die wasmasjien gegee, maar die naelvyltjie teruggevra.

Toe ons huis afgebrand het, was hy gelukkig in my badkamersakkie by my. Ongelukkig het hy in die chalet agtergebly toe dié afgebrand het vroeër hierdie jaar. Ek het ‘n nuwe een gekoop, maar hy lê ongebruik. Toe koop ek nog ene, maar dis steeds ‘n aaklige ding wat net té groot is vir behoorlik skoonmaak wanneer ek handwerk doen.

Gister het ek gaan krap in die as. En ja, ek het my naelvyltjie gekry. Die spieël se raam bokant die wasbak was sy bêreplek.

Oorblyfsels van die wasbak in die badkamer

Is daar enige hoop?

Lyk hy lelik? Ja. Gaan ek hom weggooi? Nee. Gaan ek hom gebruik? Natuurlik, wat vra jy nog! Dis dan myne…

Afgeskrop met swembadsuur en ‘n staalborsel is my spesiale naelvyltjie saam met twee groteske wit olifante

Not “Made in Ch…” maar Stainless steel tripple cut van Lifedge Sheffield Engeland.

 

Advertisements
Categories: Weeklikse foto uitdaging | 6 Kommentaar

Artikelnavigasie

6 thoughts on “Myne

  1. Ek is bly jy het jou naelvyl weer gevind – ek gril my dood vir staal naelvyle….

    • Ek vyl glad nie my naels nie. Buiten dat ek my morsdood gril daarvoor, is my naels nie geskik vir vyl nie. Ek hou dit netjies met my knippertjie.

  2. So bly jy het hom gekry, juis omdat jy plesier vind in sulke klein goedjies kry.

  3. Die geheim van sy behoud was in jou heel laaste sin: Sheffield, England! Goeie goed. Ja, ek het ook op my dae so een gehad. Dit was lank, lank gelede… 😉

  4. Kameel

    Ek is so waarlik bly jy het jou naelvyltjie gekry. Hy klink dan soos deel van die familie 😉

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: