Het jy geweet dat…?

Maankind het my getag om sewe dinge omtrent myself met julle te deel. Geheime. Doodsondes. Vir Alta wat dit vir haar gestuur het, wil ek net sê dat hierdie ding al lank in omloop is onder hierdie seimste bloggers, dis net ‘n foefie en daar is nie awards nie. Net lekker lag vir ons selwers.

Dis waar dat ek van my gedagtes alreeds met julle deel op my blog, maar geheime en doodsondes? Dis my binnekamer en daar sal dit bly. Daai goed hys ek nie aan ‘n vlagpaal op nie, ek bedek dit met ‘n groot erdekoos en stoot dit onder die bed weg sodat dit maar daar alleen kan lê en stink. So vrot dit tot dit opgebreek is in nutriënte wat komposhoop toe gaan vir hersiklering vir ‘n ander ou se foute. Want ons maak immers maar almal dieselfde foute oor en oor en ons leer maar almal dieselfde lewenslessies.

Ek sal wel ‘n paar dinge met julle deel wat julle dalk nie weet nie, en interessant of ammusant sal vind:

  1. Ek het as baba stink voetjies in my gebreide sokkies gehad.
  2. My linker ringtoontjie is erg krom en dis geneties. Ten minste een sussie (lees Maankind) het ook so enetjie en van my neefs aan vaderskant. En dit wil voorkom of my kleindogter was net laasweek gebore is ook daardie toontjie het soos haar mamma.
  3. Ek gooi witpeper op my soetpatats. Dis vir my heeeerlik! Probeer dit bietjie.
  4. Ek sal maklik van hongerte doodgaan want ek vergeet om te eet. Soms onthou ek teen 22hoo dat ek nog nie kos gemaak het nie. Daar is altyd iets interessanter om te doen as om kos te maak, en veral nou wat ek alleen bly is dit soms ‘n probleem. Dankie tog vir vrugte en kaas…
  5. Ek verpes yskaswater. Ek drink louwarm water en eet my vrugte altyd teen kamertemperatuur.
  6. My kosallergieë was vir jare lank die oorsaak van onredelike woede uitbarstings wat nou nooit meer gebeur nie. Die identifisering hiervan het my lewe onherroepelik verander.
  7. Ek het nog nooit lang hare gehad nie en na ons traumas en verlies van die afgelope tyd het ek besef hoe kosbaar tyd is en dat mens dinge moet doen anders is dit verlore soos jou aardse besittings. My hare is op die oomblik die langste wat dit nog ooit was.

Om vyf ander bloggers te kry wat ek ken en wat nie alreeds genomineer is nie, is maar moeilik.

Maatjies, kom speel bietjie saam met ons… ons is lus vir lekker lag. Huil ook as julle iets het om ons te laat huil.

  • Rovati wat vir ‘n slaggie bietjie in Afrikaans kan oor haar geheime kan skryf
  • Kyker wat ‘n storie moet skryf sonder ‘n prentjie by
  • Pienkpantoffels wat net ‘n paar dae terug haar geheime kalamari-resep met ons gedeel het
  • Bileamsedonkie – net stadig oor die klippe Donks, ons wil nou nie weer die Sinode op jou hals hê en dan kom dit uit dit was ek wat jou verlei het tot die sonde nie
  • Klipindiebos wat van die aardbol af verdwyn het

Die storie werk so:

  • Erken/bedank die persoon wat jou blog genomineer het.
  • Noem sewe interessante/weird/geheime dinge omtrent jouself.
  • Nomineer ten minste vyf ander blogs.
Advertisements
Categories: Sommer maar net | 7 Kommentaar

Artikelnavigasie

7 thoughts on “Het jy geweet dat…?

  1. Dankie! En ek het al vergeet van jou stink babavoetjies! Arme ma, dit was vir haar verskriklik, want jy weet hoe skoon was ma op ons! Het sy ooit uitgevind wat dit veroorsaak het?

  2. Alta Cloete

    Ek dink die idee hieragter is eintlik maar net om nog blogs aan mekaar bekend te stel. En die reward is dat jy sien iemand lees darem jou blog! En dat die iemand nou vir iemand anders daarvan vertel.

  3. Kameel

    Ag nee, ek hou nou rêgtig van die glorified kettingbriewe!!! Jou stink voetjies het my laat glimlag… en sondes onder jou bed in ‘n koos wegsteek…. nog nooit gehoor nie!!!!

  4. Ja, dit was nou regtig ‘n lekker lawwe een….

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: