Ontmoet Zelmarie Ann van der Merwe…

… ons eerste kleinkind!

Vrydag 17 Augustus 2012

Die groot opwinding het verlede Vrydag oggend 07h00 begin toe Annerine my bel om te sê dat sy in kraam is na sewe en dertig en ‘n halwe week. Ons familie is baie na aan mekaar en die Whatsup en BBM lyne het gegons soos ons op hoogte gebly het van elke sentimeter wat sy ontsluit het.

Almal weet dat geboortes maar onvoorspelbaar is, maar sy wou graag normaal kraam en ek is dankbaar dat dit vir haar so beskore was.

Teen 18h45 het Zellie ingeweeg met 2.87kg, net 45cm lank… ‘n kleine, kleine ou babatjie.

Hier in hulle huis is nie behoorlike selfoon opvangs nie en ons sit spesiaal gou in die Wimpy om hierdie te deel. Volgende week vertel ek alles.

Wat ‘n voorreg is dit nie om vir ‘n paar dae by my dogter te kan wees nie!

Advertisements
Categories: My klein slakkies | 11 Kommentaar

Artikelnavigasie

11 thoughts on “Ontmoet Zelmarie Ann van der Merwe…

  1. Kokkewiet

    Baie baie geluk, mag sy vir julle net ‘n bondeltjie vreugde wees!!!

  2. Klein pop! Daardie foto van haar met haar dummy spook by my! Suklke wyse ou ogies!

  3. Kameel

    Baie geluk slakkelak. Jou hart gaan nooit weer dieselfde wees nie. Mag sy vir julle groot seën ek vreugde bring!!

    • Baie dankie Kameel. Ek verlang al na my eie huis maar ek en my dogter het gister al n versie gehuil oor ek Saterdag terug gaan.

  4. Geniet elke oomblik met Poplap !

  5. Baie baie geluk!! Ek weet julle gaan haar sommer baie geniet!

  6. Pragtige klein mensie, mag sy baie vreugde bring in julle lewens!

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: