Introvert gebore, introvert sal ek sterf

Dis hierdie jaar dertig jaar gelede wat ek in matriek was en daar word ‘n reünie gereël vir ons groepie. Skielik maak mens kontak met mense wat jy doerdie tyd laas gesien het, en al die ou skoolstories word opgediep.

Ek is eintlik vreeslik hartseer wanneer ek so na almal se foto’s kyk en die stories hoor… nie omdat ek dit mis nie, maar omdat ek nooit deel was daarvan nie!

Eerstens het ons op ‘n plot buite die dorp gebly en in daardie tyd was agt kilometer ver… veral as jou ma nie ‘n lisensie gehad het nie, en jy aangewese was op iemand anders waar jy graag wou wees. Eers in my matriekjaar het sy haar lisensie gekry, en dit het nog steeds nie my sosiale probleem opgelos nie.

Eintlik is dit sommer net ‘n gerieflike verskoning. Om werklik eerlik met myself te wees, moet ek erken dat ek ‘n vreeslike introvert is en nie van ander mense se geselskap hou nie. Dis erg, maar dis waar. Ek is dood tevrede met my eie gedagtes… Dis een van die redes waarom ek my huidige situasie kan hanteer in ons swaar tyd waar Roelf in Pretoria werk en ek alleeen op die plaas in Barberton bly. Hy en my kinders is die enigste mense wat ek om my wil hê. En dan moet hulle ook nie heeltyd njarra njarra om my ore nie. Stilte. Ek soek stilte om my… met  my eie gedagtes en met my spesiale mense net so amper in my gedagtekring. Ek wil net aan hulle raak, ek wil nie noodwendig met hulle praat nie.

Selfs my ander naby familie leer my werklik nou eers ken deur my blog te lees. Al hou ek van my eie gedagtes, beteken nie dat ek alles vir myself wil hou nie!

Ek wil vreeslik graag die reünie bywoon, maar gaan ek iets hê om te deel? Gaan daar werklik iemand wees wat mý graag wil sien? Dis vrae waarmee ek worstel en een of ander tyd moet ek besluit of ek gaan of nie. Dis ver om te ry, dit beteken ek gaan dan vir twee weke nie my man sien nie. Gaan ek, kan ek darem ook by my sussie kuier in Brits, maar gaan dan in die aand vanaf die funksie moet terugry na haar huis en dis ‘n gevaarlike pad in die donker.

Eintlik het ek in my hart al klaar my besluit geneem, want ek is nou maar net nie ‘n tropdier nie… ‘n introvert gebore, en ‘n introvert sal ek sterf.

 

Advertisements
Categories: Lankal terug, Slakgedagtes | 13 Kommentaar

Artikelnavigasie

13 thoughts on “Introvert gebore, introvert sal ek sterf

  1. Renier

    Baie nice. Ons wil jou graag sien. Ons kan reel om net een op ‘n slag met jou te kuier, of ons kan in groepies ver van jou af staan en net kyk, solank jy net daar is. Jy skryf goed hoor.

    Renier

  2. Dian Botha

    Haai ou sus jy Moët gaan! Wens so ek kon daar wees! Nou sit ek hier in Singapore! Ek het my vrou, Dawn verloor in 2006. Was vreeslike slag vir my. Ek besef toe dat ‘n mens twee dinge nodig het. Gee liefde en ontvang liefde. God is liefde, ons is in Sy ewebeeld gemaak. Om volle mens te wees moet ons liefde gee en ontvang. (lang storie baie kort)

    • Dankie Dian. Baie jammer om te hoor van Dawn. Ek weet bietjie van verloor, my huis het afgebrand n jaar en n half terug en die chalet waarin ek gebly het tot ons weer herbou, in Feb hierdie jaar. Geen versekering.

  3. Ek hou ook nie van reunies nie – het gegaan en het soveel geleer uit meer volwasse groep wat elkeen ook maar pyn en bitter hartseer beleef het . En plooie en rolletjies en hang tieties gekry het al het hul (die dames) push up bras gedra….

  4. Kon netsowel ek wees wat hierdie geskryf het, oor ons 40-jaar reunie met twee kolletjies op die u, wat in Oktober gehou word.

  5. Kameel

    Ai, ek is sommer lus en gee jou ‘n drukkie….. al is jy ‘n introvert.

  6. Waar is die reunie ?

  7. Slakkelak, jy moet gaan. Jy gaan altyd wonder hoe dit sou gewees het as jy nie gaan nie. Ek verstaan hoe jy voel, maar dit sal goed wees om weer ou vriende of kennisse te sien en te kyk hoe hul uitgedraai het.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: