In die natuur openbaar Hy Homself

In my kerk leer ons dat God Homself openbaar in die natuur en die skriftuur (Bybel). So dikwels wanneer dit swaar met my of iemand na aan my gaan, hoef ek net my oë oop te maak en te síén wat God vir my probeer sê. Ek kan my verwonder aan die karaktereienskappe van mense wat so duidelik in die natuur geïllustreer word.  

Aloe marlothii

Plante kan nie wegbeweeg van ongunstige toestande nie, en daarom het God hulle geskape met spesiale aanpassings om in ongunstige toestande te kan oorleef. Dink maar aan die aalwyn en die waterlelie. Die aalwyn se blare is dik en vlesig, is bedek met ‘n waslagie, dis spiraalvormig gerangskik om die stam sodat water na die wortels gelei word, die huidmondjies is ingesink en sit aan die onderkant om waterverlies deur transpirasie te verminder.

 

Waterlelie blom en blaar

Die waterlelie se blare is groot, rond en plat met lugruimtes in om bo-op die water te kan dryf, die onderkant het geen huidmondjies nie en is bedek met ‘n anti-septiese slymlagie om binnedringing van bakterieë vanuit die water te voorkom. Beide se stam en wortels is nog verder aangepas.

Ek het egter ‘n ander baie spesiale plantjie op my plaas ontdek.Hy is nog nie finaal geïdentifiseer nie maar is moontlik van die genus Craterostigma . Hulle is spesiaal aangepas om droeë ongunstige toestande te oorleef deur gebruik te maak van ‘n spesiale ontwateringsproses. Wanneer dit weer reën, herrys hierdie plante asof vanuit die niet, daarom  word hulle ‘wederopstanding plante’ genoem.

Possibly a Craterostigma species

Ons ongunstige toestande is soms dinge waarvan ons nie kan weghardloop nie, soos swak gesondheid. Ken jy dalk ‘n persoon wat maar net altyd opstaan, maak nie saak wat na sy of haar kant toe gegooi word nie? God het daardie persoon spesiaal gemaak om die ongunstige toestande in sy of haar lewe te oorkom.  Hy weet wat die spesiale toestand is vir daardie persoon om Sy Naam uit te dra. Daarom kan ons maar net altyd sê: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” Fil 4:13

Ken jy dalk iemand wie se lewe so verdor lyk dat jy nie eers die moontlikheid van dieper lewe oorweeg nie? Weet dan dat by ons Vader alles moontlik is. Daar sal dalk ‘n toestand kom wat vir daardie mens gunstig is om weer op te staan. Jóú gunstige toestande en daardie mens se gunstige toestande is dalk nie eenders nie. ‘n Aalwyn kan nie in ‘’n dam water leef nie, en ‘n waterlelie nie in die woestyn nie. Elkeen is ‘n unieke wese.

 Lewe jou eie lewe vir Hom. Dra jou eie vrugte vir Hom.  Want Hy het jou spesiaal gemaak.

 Ps. 9:2-8

 “Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee. Sonder spraak en sonder woorde, onhoorbaar is hulle stem. Tog gaan daarvan  ‘n boodskap uit oor die hele wêreld en hulle taal bereik die uithoeke van die aarde. Vir die son is daar in die hemel ‘n tent opgeslaan. As hy stralend begin om sy baan te volg, is hy soos ‘n bruidegom wat uit sy slaapkamer kom. Aan die een kant van die hemel kom hy op en aan die ander kant gaan hy onder, en niks ontkom aan sy gloed nie. Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar:  dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is.”

 

Advertisements
Categories: Biodiversiteit op die plaas, Slakgedagtes | Sleutelwoordw: | 10 Kommentaar

Artikelnavigasie

10 thoughts on “In die natuur openbaar Hy Homself

  1. Mens kan ook verder om jou kyk na dieregedrag en voëls ook, aangepas vir elke omstandighede. Kamele vir die woestyn.

  2. Kameel

    Nou voel dit kompleet of MaanKind oor my praat. ‘n Persoon vra my eenkeer om haar meer oor my lewe te vertel. Ek vertel, sy vra uit ens. Nooit besef sy is ‘n sielkundige nie. Op die einde sê sy vir my “Besef jy met ‘n persoonlikheid soos joune, dat jy ‘n alledaagse vervelige lewe nooit sou oorleef het nie.” 😯 Nou sê jy basies dieselfde. Ek hou daarvan dat jy plante as voorbeeld gebruik!!!

    • dis of aanpas of gaan tot niet… nooit ‘n vervelige oomblik nie. Net wanneer mens dink alles is rustig, dan is daar ‘n nuwe slang in die gras

  3. Dankie.

  4. Sjoe! Dankie! en ja, Kameel, ek kan ook nie dink wat jy in ‘n vervelige alledaagse bestaan sou maak nie…. ek weet!! Jy sou VREUGDE en plesier inbring!! 🙂

  5. Slakkie! Ons bid dringend vir reën by jou! Sterkte

  6. Terug pieng: Letsels « Slakkelak

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: