Viva Platteland!

Voorverlede Vrydag moes ek ‘n groot bedrag geld by die outoteller trek, Emelina en Sibusiso moes betaal word, en ek wou Pretoria toe ry.

Het jy al ‘n spul note uit die masjien gekry? Daar staan ek en die goed glip eenvoudig net grondtoe voor ek dit in my handsak kon kry… en ‘n skielike rukwind gryp al my bloues en versprei dit orals heen!

Konsternasie! My maag was HOL van ontsteltenis by die gedagte aan my rooi saldo en geld wat weg is… Gelukkig was daar net een vrou agter my, en sy help my toe hol en gryp.

So gou as wat ek kon, het ek by die naaste plek ingegaan en gemaak asof ek iets daar moet gaan betaal. Die eienaar van die oogkundebesigheid was baie simpatiek terwyl ek my geld ge-orden en probeer tel het. Eers  in Pretoria het ek gesien dat daar sowaar een bloue weg was.

Vanmiddag was ek gou winkel toe, en net voor ek instap vat iemand my aan my skouer. Die oogkundige. “Sjoe, ek hol al van daar anderkant af agter jou aan. Kom maak gou by my ‘n draai as jy klaar is met jou inkopies.”

Daar gekom haal hy ‘n bloue uit sy laai. “So rukkie na jy weg is nou die dag, staan ek by die oop deur en daar waai ‘n honderdrandnoot by my deur in. Toe weet ek dit moet een van joune wees en toe bêre ek dit tot ek jou wees sien.”

Sjoe. Nodeloos om te sê dat my blok sjokolade wat ek so pas gekoop het ‘n nuwe eienaar gekry het!

Dankie, Jacques Tinkhof, jou oog (en jou hart!) is defnitief op die regte plek…

Dit was nie ons familie se enigste genade die week nie. Verlede week is Annerine se beursie by haar werk gesteel en julle weet seker watse rompslomp dit is om alles te vervang. Sy was nou al by die bank vir die bankkaarte. Gister bel sy. “Mamma, raai wat? Daar was netnou ‘n man by my hek en hy het my beursie met ‘n briefie by vir my gebring. Die vrou by ons Spar stuur dit, iemand het dit daar naby opgetel en daar ingegee. Hulle het ‘n apteekstrokie daarin gekry en kon my so opspoor.” Natuurlik minus die kontant, maar haar lisensie hoef nou nie ook nog vervang te word nie.

Advertisements
Categories: Sommer maar net | Sleutelwoordw: | 11 Kommentaar

Artikelnavigasie

11 thoughts on “Viva Platteland!

  1. Ag hoe mooi… maak mens se hart warm!

  2. Laat my dink aan die aand 11 uur, klop aan die deur. Iemand wat ons ken, wat sê: JY het jou baadjie in die restaurant vergeet…

  3. Kameel

    Ek sien jou agter geld wat in die wind waai aanhardloop….. en dan ‘n ridder op ‘n wit perd!! Dit is nou ‘n pragtige storie.

  4. Ag, is die nie ‘n wonderlike storie nie? Dit laat my mos dink aan die bruin man wat my eendag van Kaapstad af gebel het en gevra het of ek ‘n dogter in Kaapstad het. Ek was hoogs ontsteld en het dadelik die ergste verwag. Toe se hy dat sy haar selfoon in die winkel langs sy till vergeet het. Hy bel toe maar “Mamma” om te se waar die foon is en dat sy dit kan kom haal.

    • Wonderlik. Dit het my laat onthou van my dogter se telefoonoproep gister – kyk onderaan Viva Platteland, ek het dit opgedateer.

  5. Fantastiese laaste deel! SO bly.

  6. Kameel

    Op hierdie ou wêreld van ons stap daar sowaar nog engele rond 🙂

  7. Gogga

    Wow!

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: