My wonde se rofies lê nog vlak

Vandag se brand in Kleinmond en die brand in Hartbeespoort waar drie kindertjies omgekom het, is genoeg om my ou wonde se rofies af te trek. En dit bloei nog, want die rofies lê nog baie vlak, dis vandag maar vier maande na ons chalet ook afgebrand het.

Daardie trauma moes ek op die agtergrond stoot, want ek moes fokus op my kind se troue wat moes plaasvind. Die gevolg is dat dit my op ‘n manier meer vang as die eerste keer, en dit vat langer om daaroor te kom. Dit maak my siek. Fisies siek.

Kleinmond se brand raak my meer, want dis sus Trisa se woonplek, sy ken die mense daar en is betrokke om hulle te help. Haar bloginskrywing en sus Magda se opmerking op Facebook wat dit opsom sê dieselfde ding: “Daai skrik gaan sit vas in jou selle, in jou DNA, dis tog waaruit alles bestaan. Waar anders word geheue gestoor? Dis in jou wese, en as jy dit nie hanteer en verwerk nie, sal dit nooit weggaan nie.”

Ek was tussen twee toesigsessies by die skool toe ek Trisa se Facebook plasing gesien het. Ek het baie vinnig geantwoord: “Trisa vat goed wat hulle VANDAG nodig het. Toiletries, handdoeke seep waslap, LIEFDE iets om te eet. Notaboek en pen. Ek het nie tyd om al die comments te lees nie. Skuus as ek dubbeld se. Slaapgoed en klere. ONDERKLERE. Warm goed. ‘n kussing, mense gee n kombers maar nie n kussing nie. Tandeborsel en tandepasta. Kos klaar voorberei om te eet. MY HART GAAN UIT NA HULLE.” 

Sy het geantwoord: “Kobie elke item wat ek gekoop het was asof ek dit vir iemand koop wat jou gehelp het.” Dankie. Dankie vir jou omgee vir daardie mense.

Die brand daar is ná aan ons hele familie, want my familie gaan SAAM met my en my gesin deur my verwerkingsproses. Hierdie brand vat aan ons almal vandag.

Vir julle wat iets wil doen. Daai mens het LIEFDE nodig. Hulle het VASHOU nodig. Hulle het SAAM HUIL nodig, want vashou en huil was al daai skrik weg. Hulle het NOU ‘n koffiebekertjie en ‘n ketel nodig, en goedjies om ‘n teetjie te brou. Vat vir die tannies wolle en breinaalde. Hou hulle hande besig. Handewerk hou mens se gedagtes besig en dit help mens om om te weet dat daar weer ‘n môre gaan wees. Dink maar self aan iets vir die omies.

Ons chalet lê nog net soos hy gebrand het. Oor twee weke het ek skoolvakansie en dan gaan ek die opruimingswerk begin. Maar weer met my siffie sit en soek na my goue oorbelletjies en nuwe hangertjie wat in my laai was. Dalk kry ek dit en dalk nie, dit maak nie saak nie; want ek weet dit maak heel om te soek. Soos wat mens deur die as werk, so werk jy dit uit jou gestel.

Kom vakansie. Kom.

Advertisements
Categories: Familie, Slakverdriet | 13 Kommentaar

Artikelnavigasie

13 thoughts on “My wonde se rofies lê nog vlak

  1. Ag jimmil tog, ek moet maar huil en klaar huil. Anders maak my lyf weer trane en slaan die gordelroos weer uit.

  2. Maar wie troos JOU nou daar waar jy alleen is? Hoewel ek ook maar die huilwerk alleen doen.

  3. En twee kinders in Montana wat ook verbrand het ! Dan is mens net soooooo dankbaar julle was nie by die huis toe alles gebrand het nie !

  4. lidiatheron

    Wat kan ek sê? Ek het vandag te veel skokkende nuus gehoor. Mense wat doodbrand, ander waarvan die kele afgesny is. Dis alles so erg en skokkend.

  5. ai, watter nare dag, Ek het v\n al die goed op die nuus gehoor. Sterte vir almal van julle betrokke.

  6. Kameel

    Hier sit ek, hande afgekap en tong stomp….. wat kan ‘n mens van al hierdie dinge së?

  7. Soos jy sê, ‘n mens vergeet nooit. Ons huis het aan die brand geraak, nee, die kamer waarin ek lê en slaap het toe ek 5 jaar oud was. Genadiglik het my ma iets in die kamer gaan soek en toe op die bank rook afgekom. Ek sou versmoor het. ek het eers die volgende oggend daarvan gehoor, maar tot vandag is daar NIKS wat ek so vrees soos ‘n vuur nie…
    en jy het dit 2 keer beleef!
    Sterkte vir jou en julle almal.

  8. Terug pieng: Die krag van gebed « MaanKind

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: