Damesvingertjies bring heimwee in my hart

Weet jy wat ‘n Damesvingertjie is?

Dis ietsie uit my kinderdae wat min mense ken… en my oë het vol trane geskiet toe my vriendin Bianca vir my laasweek ‘n paartjies uit haar tuin gebring het.

Net effentjies langer as my vriendin se wysvinger

Dis die heerlikste piesankies met ‘n delikate soet-gemeng-met-bietjie-suur smaak. Wanneer hulle baie ryp is het dit ‘n effense glibberigheid, nie melerig soos winkelpiesangs nie. Hulle het baie dun skilletjies en al is daar ‘n swart kol op die skil soos die enetjie hierbo, is die vrug binne nog vars. So is hulle op hulle lekkerste…

Dit het my sommer laat verlang na my vriendin Christelle in Pretoria wat weer altyd vir my ‘n granaat uit haar tuin gebring het.

Dankie vriendinne, vir julle hartsgeskenke.

Advertisements
Categories: Sommer maar net | 4 Kommentaar

Artikelnavigasie

4 thoughts on “Damesvingertjies bring heimwee in my hart

  1. Regte egte piesangs daai!

    • Ken jy hulle ook? Ons het drie soorte piesangs gehad. Hierdie, gewone piesangs en dan so groot dikke wat net lekker was as hulle baie ryp was.
      Hierdie was ons gunsteling!

  2. Hoe lus is ek nou vir enetjie!

  3. Terug pieng: Wanneer omgee deel van plig word « Slakkelak

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: