Wanneer jou werk jou oorval

Ek is ‘n mens wat floreer op besig wees, maar die afgelope paar weke het my amper onder gekry. Ek sukkel nou nog om te herstel en die kans dat die dieptes my weer gaan inslurp is goed aan die einde van die termyn.

Die van julle wat in die onderwys staan weet dat ‘n mens elke begin van die jaar toegedeel word met werk. Dit wissel van jaar tot jaar en mens het gewoonlik nie veel van ‘n keuse nie.

My vakgebied is wetenskap en weens verskeie redes het ons besluit om die Fisiese- en Lewenswetenskappe gedeeltes van die Gr 8 en 9 Natuurwetenskap hierdie jaar te skei. Die ander juffrou verkies om die Fisies te gee, vir my maak dit nie saak nie, en ek hou in elk geval  baie van die biologie gedeelte. So is my toedeling dan nou toe Gr 8 en 9 Lewenswetenskappe, met ‘n totaal van 308 leerders.

Dis al klaar baie wanneer mens aan assesserings begin dink en om die kersie nou werklik op die koek te sit, toe word my rooster verder volgemaak met Gr 10 en 12 Lewensoriëntering. ‘n Verdere 100 leerders by.

My werk slurp my eenvoudig op. Ek het nie meer tyd vir iets nie. Al wat ek die afgelope weke gedoen het was om te merk merk merk en nogmaals merk. Dit gaan my weke neem om almal se blogs te lees waar ek gewoonlik kuier.

Die week voor my dogter se troue in die vakansie het ek bedags klein reëlings getref en in die aande tot twee uur gesit en merk. Dankie tog ek het ‘n spysenier gehad en hoef self niks te gedoen het nie. My ma wat vir die eerste keer in my lewe vir my kom kuier het, moes met tye hoor: “Ek gaan gou vir so twee ure merk, dan kom ek weer.”

Verlede week het ek in die hoof se kantoor gehuil en gesê ek cope nie. Ek cope nie. Ek cope nie.  Bestuur jou tyd beter. Verander jou tipe asssesserings. Daar is nie ‘n limiet op die hoeveelheid kinders nie, net op die hoveelheid ure op jou rooster wat moet vol en dit was al manier waarop ons dit kon regkry. Ons het nie hande om te help nie. Ek cope nie.

My werk maak my fisies siek. My kosallergieë is ‘n outo-immuunsiekte en stres is die grootste vyand daarvan. Ek sit vir die sesde dag met migraine, sonder dat ek verkeerd eet. Dit beteken net een ding, my liggaam is weer op ‘n staking. Ek voel dit. Ek het gewig verloor wat ek nie kan bekostig nie. Ek is weer heeltyd honger. Pille wat die neuroloog voorgeskryf het wat moontlik die migraine kan onderdruk, het my sieker gemaak as die migraine self hierdie week.

Wanneer iets jou wil oorval, dan kom jou instinkte uit. Oorlewing. Oorlewing is nie sente aan die einde van die maand nie. Oorlewing is om nie elke dag migraine te hê nie. Oorlewing is om te lewe. Ek sal vir my vlerke groei en ek sal vlieg. Ek sal wegvlieg op die wind en op paaie gaan sweef waar daar nie die onmoontlike van my verwag word nie.

En kyk… ek voel knoppies kort duskant my okseltjies… miskien is dit dalk die vlerkies wat begin groei… en as dit nie vlerkies is nie, dan sal ek hulle maak van hout en flap en flap tot ek opstyg na wie weet waar.

Advertisements
Categories: Skoolhou | 7 Kommentaar

Artikelnavigasie

7 thoughts on “Wanneer jou werk jou oorval

  1. Ai, sterkte , sterkte, sterkte.! wat kan mens doen om te help? al wat ek kan dink is dat die kinders hulle eie werk moet nasien. Hulle is immers in die hoerskool. Maar met die nuwe onderwys weet ek nie of dit toegelaat word nie.

  2. Sjoe, dis nie lekker as dit so wild gaan nie! Ek bid vir jou vir Jesaja 40 se krag, sodat jy kan hardloop en nie moeg word nie, ek bid ook dat jy so uit die bloute ‘n brainwave sal kry oor hoe jy die tonne werk anders kan aanpak en dieselfde werk in minder tyd gedoen kan kry. Dis mos ons Boere se sterkpunt, ons maak altyd ‘n plan!

    Sterkte ou slakkelak, ek hoop jy is gou knoploos en migraineloos!

    • Dankie Klonkie, dit gaan al klaar beter. Ek maak planne en hoop dit gaan vrugte afwerp vir die komende eksamens in Junie.

  3. Die Like is nie omdat ek like dat jy sukkel nie, maar omdat jy jou sukkel verwoord.

  4. Ek deel jou sentimente. Ek stuur hier deur die internetlyne vir jou ‘n lekker vet druk. Een van daai van ‘n medekollega wat vir jou sterkte toewens.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: