Ek is bietjie stil…

… want ek is BAIE besig.

Merk merk merk en dit kry nie klaar nie…

Ons Dingetjie is nou 18 weke en wil nie vir ons wys wat word toegeknyp nie…

Dingetjie 18 weke

En dan was ek Saterdag die moeder van ‘n pragtige bruid…

My pragtige dogter

Dit was bontstaan om alles te organiseer, maar ek is nie bang nie en ek sal volgende week al die stories skryf.

Die bruid en haar moeder

Ek moes op so baie plekke gelyk wees en is ernstig aangemaan toe ek huis oor ek nie by die kerk self ook kon foto’s neem nie.

My hart se punt... twee pragtige dogters

Ons het ‘n ‘fun booth’ gehad en ek kan nie wag vir die fotograaf se fotos nie.

Lekker pret met 'n boks vol bykomstighede

Die groot oomblik

Pa en dogter

en verder merk ek en ek merk en ek merk…

Koebaai ek gaan nou weer merk, my brekie is verby!

Advertisements
Categories: My klein slakkies | 13 Kommentaar

Artikelnavigasie

13 thoughts on “Ek is bietjie stil…

  1. My hart het Saterdag heeldag gebrand! Die susters het darem heeltyd skelm foto’s geeneem en gestuur! Ek was pal op BBM.

    • Ek was self net te besig. Ek het my kamera vir Johan gegee om die mense bietjie af te neem. Pleks ek vroeer vir iemand gegee het, maar ek het sooooo baie gehad om aan te dink dat dit by my verbygegaan het. Teen die tyd wat ek self van Annerine en Christo wou neem het sy al vir my geknor van moegheid. Sal volgende week ALLES vertel.

      Hulle het gese hulle stuur vir jou.

      • Antoinette

        Jou sussie het gese, jou blog & jy is n inspirasie – en dis voorwaar die waarheid!

      • Dankie Antoinette dat jy iets vind om saam met jou te neem. Ek lewe maar net my lewe.

      • Antoinette

        Ons leef almal maar net ons lewens, Slakkelak, maar ons het mense nodig om ons lewens te verryk, al die pad 🙂

  2. Kameel

    Baie geluk, dit is ‘n wonderlike dag vir elke ma. Sy het pragtig gelyk. Laat Dingetjie maar sy geheimpie toe 😉

  3. Alles en almal lyk pragtig. Baie geluk!
    Sterkte met die merk en merk en merk!

    • Die merk het toe opgehou, maar my gesondheid nie. Die stres was net te veel met so baie kinders. En daar is nie uitkoms voor volgende jaar nie. Sug. Bestuur die tyd… bestuur die tyd… geen blog geen blog… snot en trane

      • Baie sterkte… ek het baie jare skoolgehou voor ek afgetree en het nooit besef hoe lekker dit is om dit nie te doen nie. Al die stres is weg. Mens lê nie meer wakker oor ander se kinders nie en koop nooit meer rooipenne nie!

        Sterkte met die tydbestuur – ek doen ook nie te goed daarmee nie.

  4. Ek is so bly daar is sulke wonderlike tye ook in julle lewe! Mag daar nou baie seën in oorvloed wees, julle dogter baie gelukkig getroud wees, en Dingetjie ‘n baie gelukkige mens wees!

  5. Gogga

    Pragtige bruid, geluk en baie jare se liefde vir die paartjie.

    Sterkte met die merk, dit hou mos nooit op nie.

  6. Terug pieng: Blog-ontploffing « Kouevuur

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: