Geduld is ‘n relatiewe begrip

My draad is maar redelik kort wanneer dit by mense kom. Dit was nog altyd so, en al werk ek daaraan sal dit seker maar so wees wanneer ek oud word ook.

Wanneer dit egter by biotiese faktore anders as Homo sapiens kom, dan ondergaan ek egter ‘n totale persoonlikheidsverandering… Ek kan maklik verlore raak in my poging om ‘n sprinkaan of skoenlapper te agtervolg vir nét die regte foto. Soms is dit nog tevergeefs ook, want my Pipstert brakkie agtervolg die goggas saam met my en net wanneer ek uiteindelik naby genoeg gesluip het, dan spring sy op die voorwerp van my aandag…

Plante kan egter nie weghardloop nie, daarvoor is hulle aanpassing in die natuur net te goed. Maar hulle kan weer binne ‘n dag verwelk, opgevreet raak of vir ‘n hele seisoen of drie verdwyn.

Sowat ‘n jaar en ‘n bietjie gelede het ek hierdie pragtige saadjies aan ‘n rankplant gekry. Boeke het gewoonlik blomme in, jy is gelukkig as hulle selfs net melding maak van die sade. Met sade is dit ook moeilik om te probeer bepaal wanneer die plant geblom het… mens moet maar geduldig wag vir ‘n volgende seisoen… en hoop die plant loop weer uit!

Kyk net hierdie lieflike sade!

So het ek dan nou van die lente af kort-kort die plek gaan besoek in afwagting dat die plant weer sy verskyning sal maak. My hoop het nie beskaam nie en die plant het stadigaan begin rankies uitstoot met gesonde blare. Maar die blomme kom nie en dit kom nie en dit kom nie…

Die blare is al lank reeds weer aktief besig om te groei...

Tot vandag… toe kon ek uiteindelik sien watter blommetjie sulke interessante saadjies maak! Dit is toe Sphedamnacarpus pruriens var. pruriens van die familie Malpighiaceae, ‘n blommetjie wat ek al ‘n paar jaar gelede vir die eerste keer afgeneem het.

Sphedamnacarpus pruriens var. pruriens

Verstaan jy nou waarom geduld ‘n relatiewe begrip is? Het ek maar daardie geduld met mense gehad…

Advertisements
Categories: Biodiversiteit op die plaas | Sleutelwoordw: ,,, | 4 Kommentaar

Artikelnavigasie

4 thoughts on “Geduld is ‘n relatiewe begrip

  1. Dit is mooi; en ek is bly dit was jy wat met soveel geduld gewag het om fotos te neem, sodat ons ook kan sien. Gee my maar eerder die mens. 😉

  2. Dis die mooiste saadjies!

    • Dis te lieflik! Hulle het vir baie lank so mooi gebly. En ek sou nooit kon raai dat dit daardie blommetjie s’n is nie. Dis vir my sooo wonderlik om die lewe op my plaas te ontdek

  3. “Toevallig” skryf ek toe ook, onbewus van jou skrywe, ook oor amper dieselfde onderwerp. Ek sien toe eers later joune.
    Lekker aand
    http://toortsie.wordpress.com/2012/03/14/kry-n-mens-iets-soos-n-ongeduldige-persoon/

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: