‘n Versoek van Ma

‘n Paar weke gelede het ek vir ‘n middag by my ma gekuier, en sy het gevra ek moet asseblief iets skryf oor verlies, ons twee het ‘n hele ruk die onderwerp bepeins… min wetende dat twee weke later verlies weer my hele wese sou vul.

Ek dink ‘n mens sal vir altyd huil oor sekere goed wat uit jou lewe weggeruk is. Altyd. Op hierdie stadium blok ek my kop daaroor, want om daaraan te dink is net te pynlik. Ek DWING myself om aan dinge te dink wat NOU en MôRE is, want ek kan niks aan gister doen nie.

Nou bou ek huis en maak reg vir Annerine se troue wat oor sewe weke is. Sien uit na my kleinkind wat ek beplan om te bederf.

Uiteindelik gaan ons tog die wêreld uit sonder al die fisiese bagasie. Uiteindelik is dit tog net niks. Maar ons verknog ons aan hierdie niks. Want ons is net mense. Ons verknog ons siele aan aardse goed, en dis die laaste goed wat kan saamgaan eendag op ons ewige reis. Ek moet leer om my kop op hierdie reis te fokus.

Later, Ma. Later. Asseblief nie nou nie.

Advertisements
Categories: Slakgedagtes, Slakverdriet | Sleutelwoordw: , | 8 Kommentaar

Artikelnavigasie

8 thoughts on “‘n Versoek van Ma

  1. Ek het van my foon af reply, en dis nie hier nie!
    Wat ek wou sê, ek het nog my swepie, maar jy kan hom kry as jy hom wil hê, maar dink eers na, dis dinge vir na die troue.

  2. Naak het ons in die wêreld gekom, en naak gaan ons weer daaruiit; klink maar baie….. “naak.” Solank ons nie agter ons vyeblaartjies vir God wegkruip nie, het ons maar ons goetertjies wat vir ons mooi en waardevol is.

  3. ‘n Mens se goed definieer mens – tot ‘n mate. Maar as jy eers geleer het dat alles maar net “trimmings” is, dan raak dit makliker. Dis net – soos ek al geskryf het 🙂 – om by daai makliker uit te kom is ‘n VREK moeilike pad!

  4. Ons is mos nou IN die wêreld, met die wêreld se dinge wat ons om ons versamel om die lewe mooi te maak. Sterkte, Slakkie. Ek dink jy doen reg om nou op die dinge te fokus waarop jy moet fokus. Maar iewers in die toekoms sal jy seker maar na die verliese en die pyn in jou hart ook moet kyk. Baie baie sterkte.

    • Toorts, dankie. Ek ontken nie wat gebeur het nie maar my fokus is op vandag en more, wat ek kan nie verander wat gebeur het nie. Daarmee kan ek net probeer saamleef.

  5. Terug pieng: Verlies | Slakkelak

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: