Kobie, jy verjaar!

‘n Paar weke gelede lig Annerine, my oudste dogter, my in dat ek die tweede naweek van Februarie Pretoria toe moet gaan. Vir ‘n verrassing. Presies wanneer oor die naweek die verrassing is, sal ‘n verrassing wees. Ongelukkig moes sy sê van die verrassing, sy het nie geweet wat anders om te maak om my daar te kry nie. Hulle ry spesiaal van Dundee af vir die okkasie.

Ek kry geen leidrade nie, want sy weet al van beter… ek ontknoop altyd die leidrade. Om die verrassingselement te behou vis ek maar liewer nie. Sy vra net op ‘n stadium hoe lank ons nou presies getroud is nou weer, en ek dog sy reël ‘n lekker romantiese ete vir ek en Roelf aangesien ons silwerbruilof so paar jaar terug stil-stil verbygegaan het.

Ousus Drinie bel toe in die week en sê sy het gereël ons moet nou sommer terwyl ek in Pretoria is ‘n lekker familiebraai hou die Saterdag, aangesien sy en kleinsus Magda in Januarie verjaar het, en niemand het tyd gehad vir ‘n kuier nie. Mmm… beteken dit die hele familie is dalk betrokke by die verrassing? Ek gebruik toe sommer die geleentheid en reël vir Annerine wat die Paasnaweek trou ‘n kombuistee terwyl almal daar is.

Later bel Drinie weer en sê ons moet sommer die Vrydagaand by hulle kom eet, aangesien Roelf iets by swaer Koos moet gaan haal. Mmmm… Nou begin ek weer wonder, is die verrassing dalk daardie aand?

Kort voor die afgespreekte tyd bel Koos. Ons is welkom om vroeër te kom, hulle dogter Marianne bou ook huis en wil graag vir my wys. Mmmm… die opwinding duur voort… Wil hulle ons nou vir ‘n rukkie weghê of wat?

Dit was toe net ‘n doodgewone héérlike ete. Twee dae oor van die naweek…

Saterdag trek ons toe almal saam by niggie Hannelie en Japie se plot buite Centurion. Toe ons daar aankom en ek ook my vriende se kar sien staan, toe weet ek…

Ons het nog vir ‘n paar van die familielede gewag toe die driejarige Luca van Marianne met blink ogies my op die been kom tik en vreeslik opgewonde sê: “Kobie! Jy verjaar!

Dis toe ‘n propperse kombuistee vir my nuwe huis. Hulle het tot gekonkel met Roelf om ‘n spul vrae op te stel wat ek moes antwoord en met ‘n verkeerde antwoord moet ek ‘n groenetjie sluk… My kop het naderhand lekker gedraai van daai lekker appeltjies!

Luca het na ‘n rukkie weer by my kom staan en kom vra wanneer sing ons nou. Toe sing almal maar “Veels geluk liewe Kobie… o-omdat jy verjaar…”

Dit was ‘n heerlike dag saam met die familie en vriende. Dankie julle. Julle is die beste ooit. Kobie het ‘n wonderlike verjaardag gehad.

Advertisements
Categories: Sommer maar net | Sleutelwoordw: , | 3 Kommentaar

Artikelnavigasie

3 thoughts on “Kobie, jy verjaar!

  1. Ag lekker!

  2. Dit was een dag wat ek gewens het ons was ook daar! Ek het kort-kort agter jou rug ge-BBM

    • Lekker geskinder, ne! Dit was regtig ‘n lekker dag. Ons is net so baie ek het nie met almal GEKUIER nie, maar darem met die meeste. Ek het almal so lanklaas gesien en dit was heerlik. Fief en Japie het regtig baie moeite gedoen vir ons.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: