Het jy al ‘n sonbesie bekruip?

Sonbesies  val in die Orde Hemiptera, die kewerfamilie (spesifiek Cicadidae), maar lyk soos reuse vlieë.

Ek hou daarvan om hulle te bekruip. My linkeroor is my dominante oor. Ek kan direk op ‘n sonbesie afstap deur my linkeroor te volg. Die regteroor ‘hoor’ die geluid goed, maar ek sukkel om in die regte rigting te fokus.

Mannetjie sikades het klankproduserende organe wat die skril klanke voortbring.

Die enigste probleem is dat hulle ophou die oomblik as hulle bewus raak van jou. Soms is ek gelukkig dan gewaar ek hulle eerste en dan kan hy maar stilbly, ek kan stadig nader beweeg. Hulle vlieg gewoonlik ‘n entjie weg voor ek en my kamera binne fokusafstand kan kom. As jy nie sien waar hy land nie, wag jy tevergeefs vir hom om weer sy deuntjie te sing.

Dis vir my interessant om te sien dat hulle omtrent altyd op omtrent dieselfde hoogte teen bome sit, ongeveer 1.7m bokant die grond.

Ekke is maar aan die kort kant, en sukkel om ‘n behoorlike foto te neem. Die foto hieronder is tot sover my beste poging. Ek het een gekry wat nie gevlieg het nie, en het die kamera maar so in sy rigting gemik en die knoppie gedruk.

Pycna semiclara

Gaan lees ook op my ander blog oor die ander sikade wat ek vandag gevind het.

Ek het al baie sonbesies bekruip, maar kon nog min naby genoeg kom om ‘n foto te neem. Eendag gaan ek naby genoeg kom om ‘n perfekte foto te neem…

Advertisements
Categories: Biodiversiteit op die plaas, Plaaslewe | 10 Kommentaar

Artikelnavigasie

10 thoughts on “Het jy al ‘n sonbesie bekruip?

  1. Hierdie lyk meer vir my na twee besies wat nie wou vlieg nie – was alte lekker besig met n kuiertjie !

  2. Dankie! Eerste keer wat ek sien hoe lyk die blikskottetjies. My oor kry swaar op daardie frekwensie!

  3. Kameel

    Dankie vir die foto, ook nog nooit gesien hoe lyk hulle nie. Wanneer my kinders van Mosambiek terugkom, vertel hulle altyd hoe raas die sonbesies, Nie een het tot dusver ‘n foto geneem sodat ons kan sien hoe lyk die sondebokke nie. Gaan my dogter met die een “challenge.”

  4. Genade, ek het nie eers geweet mens kan ‘n sonbesie gesien kry nie! Dankie!

  5. Probeer bietjie een bekruip as jy weer hoor, dis glad nie so moeilik nie!

  6. Sjoe! Geluk! Ek het nog nooit een gesien nie, het altyd gedink dat hulle klank goed projekteer en dat ek nie eers weet WAAR om te soek nie! Nou sal ek ook soek, 1.7 m van die grond af…. net lekker ooghoogte vir my! 🙂

  7. Hier by ons op die plaas hoor ek hulle amper elke dag, maar het nog nooit een self gesien nie. Baie dankie vir die inskrywing en foto. Gaan beslis ook nou my oe en nie net my ore oop hou.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: