Is jy ‘n wegkruiper of ‘n nabootser?

Klink dit vir jou na ‘n vreemde vraag? As ek nou wetenskaplik korrek wil wees, dan praat ek eintlik van kamoeflering en mimikrie. Dit is twee eienskappe wat diere gebruik om óf weg te kom van ‘n aanvaller af, óf om ‘n aanval te loods op ‘n niksvermoedende prooi.

  • Kamoeflering is ‘n metode om weg te kruip. Dit veroorsaak dat ‘n sigbare organisme saam met die omgewing smelt en sodoende nie opgemerk word nie. Baie diere maak gebruik van kleur op een of ander manier om so onsigbaar as moontlik te wees vir sy slagoffer of predatoor.
  • Mimikrie is die vermoeë  om soos iets anders te lyk as wat jy werklik is, of om iets anders na te boots. Somtyds boots die dier ‘n ander dier se vorm, kleur of gedrag na; en somtyds word die natuurlike omgewing van die dier nageboots.

Gaan kyk hier by my nuwe blog om voorbeelde van kamoeflering en mimikrie in die natuur te sien.

Maar kom ons bring nou die konsep deur na die hooggeplaasde mens. Ons doen dit op al dieselfde maniere as diere. So ons het diere-maniere. So ons is diere, al leef ons in die waan dat ons nie is nie.

Hoeveel keer het jy al sekere modes gevolg net om nie uit te staan in ‘n groep nie? Hoeveel keer het jy al sekere modes gevolg SODAT jy kan deel raak van ‘n groep? Is dit nie maar net ‘n vorm van kamoeflering nie? Hierdie manier van ons om in te skakel eerder as om sosiaal gekruisig te word…

Wie ken jy wat voor ander mense mooipraatjies maak maar wat eintlik ‘n sluwe jakkals is? Daai tweegatjakkalse onder ons is maar net besig met mimikrie.

Op een of ander manier het elkeen van ons deel aan wegkruip en naboots, ons besef net nie ons doen dit elke dag nie. Ons kam ons hare op ‘n sekere manier. Ons ry met ‘n sekere kar. Ons het sekere vriende. Ons boots ‘n lewenstyl na al is ons eintlik armgatte. Ons trap ander mense in die modder in met ‘n groot glimlag sonder om te dink.

Ons is slagoffer of predatoor. So… kruip jy weg of boots jy na?  Kruip jy weg om te ontvlug of kruip jy weg om te oorwin? Of is jy ‘n individu wat op ander slinkse maniere oorleef in die waansin van ons bestaan? Want om te oorleef is nie vir sissies nie, jy moet iets doen om te keer dat jy nie in ‘n donker put verval nie – elkeen het maar sy eie manier om sy bestaansreg af te dwing.

Eintlik was dit nie ‘n vreemde vraag nie… dis deel van die oeroue skeppingsverhaal. Maar al is ons diere wat moet wegkruip of naboots om sosiaal, emosioneel en fisies te oorleef, is ons tóg spesiaal – God het ons die onderskeidingsvermoë gegee om hierdie dinge raak te sien . Om nie net te leef vir oorlewing nie, maar om te leef tot eer van Hom.

Advertisements
Categories: Slakgedagtes | 7 Kommentaar

Artikelnavigasie

7 thoughts on “Is jy ‘n wegkruiper of ‘n nabootser?

  1. Ek wil so graag uniek wees. Tog wil ek soveel keer ook maar deel van die groep wees. Soms boots ek na. Soms kamoefleer ek. Soms doen ek sommer net my eie ding…
    Ja, jy’s reg!

  2. Bianca

    WAAR WOORDE.

  3. Dan is daar ook diere wat flambojant raak, om uit te staan, of te beïndruk, soos die pou wat pronk, of die kalkoen se lelle wat rooi raak, of die blouboudbobbejaan.
    Ego.

  4. Kameel

    So bly deur al ons wegkruipery en kamoefleerdery ken God ons, soos ons onsself nie eers ken nie; en Hy is lief vir ons. Net Genade!!

  5. Wegkruiper, ekke…

  6. Terug pieng: In die natuur openbaar Hy Homself « Slakkelak

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: