Soesji

Gistermiddag sit Marina en vertel hoe lekker sy en haar vriende die vorige aand die einde van die eksamen gaan vier het met ‘n lekker soesji-ete , en Roelf beaam alles wat sy sê met sý vertellings van sy ge-etery saam met vriende Donderdagaand. Terstond besluit ek toe dat dit hoog tyd is dat ek ook moet proe hoe proe hierdie ryshappietjies. Met so min vissies in die gereg, klink dit toe heel veilig vir my migraine… En Ma het baie jare laas iets uit ‘n Chinese restaurant geëet… En Pa en dogter gaan gereeld bietjie uit en ek sit alleen op die plaas, en Ma wil ôk bietjie mooi lyk vir Pa vir ‘n slag.

Alles op die spyskaart klink te heerlik en hulle verduidelik elke keer in die fynste detail hoe elke item lyk en wat daarin is. Mens word ook glo gou versadig daarvan… Sussie verkies om hare in sojasous te doop, maar mens moet vra vir die soja sonder of met min sout. Pappa hou nie van die sojasous nie, en verkies dit nes dit kom. Met al die kennis om die tafel en die feit dat ons klein eters is,  besluit ons toe dat ons ‘n ‘Lover’s Platter for 2’ gaan bestel en as dit te min as dan kry ons nog. Mamma weet sy sal glad nie eers oorweeg om hare in die soja te dip nie, siende dat dit gif is vir haar lyf. Sy bestel toe ‘n groente ‘spring roll’ by net oor sy dit gewoonlik kan eet, en Pa en Sus elkeen ene met ‘n garnaaltjie in.

Die rolletjies kom toe met ‘n hemelse soetrissiesous en ek probeer maar die risiko verder beperk en sit my rolletjie maar net effentjies daarin. Baie effentjies. My rysrolletjies ook. Toe ek die derde piepklein stukkie gemmerverderf nadertrek uit die gemeenskaplike bord vermaan Sus: “Mammaaa, jy wéét jy word siek van gemmer…” Snip. “Ek weeeeet, dis net ‘n klein stukkie, en ek sal nie nog vat nie.”

Slaat daai bose gees my uit vir ‘n ses! Ek word vanoggend wakker met die moeder van alle migraines… Ek brul die brul van ‘n gekweste leeu en die suur en gal stoot tot in my neusholtes in en brand my rou. Strompel weer kamer toe en steek my kop weg vir die lig wat my aanval. Verval met rukke in die nagmerriewêreld van migraineslaap. Baken weer my gebied af met ‘n angswekkende gebrul. Op ‘n stadium deur die newels kom sê Roelf hy dink ek moet maar nog ‘n stel pille drink. Marina bring ‘n bietjie tee.

‘Koebaai, ek gaan ry.’ Genade! Dit beteken dis al twee uur, die tyd wat Roelf Pretoria toe ry. En ek lê nog steeds in my pajamas onder die kombers. ‘Ek moet nog kos maak en jou klere stryk’, huil ek. ‘Ek het vir my ‘n pizza gemaak en ek het my klere gestryk. Slaap maar verder.’

Hy is al by die deur toe hy terugroep: ‘Kyk op jou kamera, ek het vir jou ‘n blommetjie afgeneem.’ Liewe, liewe Roelf.

Ma het darem mooi gelyk vir Pa gisteraand, al het sy nie vandag vir hom kos gekook en sy klere gestryk nie…

Advertisements
Categories: Slakverdriet, Sommer maar net | Sleutelwoordw: | 9 Kommentaar

Artikelnavigasie

9 thoughts on “Soesji

  1. Einaaaaaa! Het hy al geskiet? Kop in yswater… DIt laat die aartjies ook bietjie krimp.

  2. Hy het so na drie geskiet. Dit was ‘n wille een. Is voos. Iets in Chinese kos is baie erg, ek gaan later die week iets opsit oor my heel eerste migraine. En dit was ook van Chinese kos. Hulle moet iets ingooi, maar ek weet nie wat nie.

  3. Ek was onlangs drie weke in Sjina en die kos was DIVINE! Ek was so bang vir die kos, maar dit is iets wat my weer sal laat teruggaan. Ek dink dis een of ander preserveermiddel wat nie met jou akkodeer nie. Gaan na ‘n internis toe om die allergie toets te doen. Miskien is dit die sesame saad…?

    • Ek het veelvuldige kosallergiee en sesame saad is nie een van dit nie. Allergietoetse is ongelukkig nie akkuraat vir migraine nie.

  4. Wat ‘n jammerte dat die lekker kos nou so giftige uitwerking moet he …. en ai, oor die jare vergeet mens hoe erg sommige nagevolge van jou dade kan wees om dan net weer jou kop te stamp!

  5. Kameel

    Jy het ‘n duur prys betaal, maar nou weet jy hoe smaak soesji… en kan saampraat. Ek praat nie maklik nie, weeg ook partymaal nagevolge teen lekker op, en as lekker gewen het 😯

  6. Sekere goeters weeg mens net een keer, en soesji is nou geweeg en te lig bevind vir my sisteem…

    Sekere kosse kan ek so af en toe eet sonder om te erg siek te word.

  7. Terug pieng: Oorwinning | Slakkelak

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: