Haal die balk uit jou eie oog

Is daar duwweltjies wat steek onder jou voet se sagte plek? Ons almal het seker maar goetertjies in ons lewens wat ons pla, maar hoe en waar ons ontslae raak van daardie duwweltjies is wat saak maak in die ou lewe.

Nou die ander dag toe kyk ek op en sien hierdie pragtige oog in ‘n boom sommer neffens my ou chaletjie se deur.  Ek het hom al probeer afneem maar my kamera se zoom en die lig wou nog nooit saamwerk nie. Vroeër vanmiddag het ek uiteindelik ‘n leer gaan nadersleep en skuins geklou om die balk in my oog met julle te deel.  Dit maak nie saak waarmee ek besig is nie, ek vind altyd simboliek in goeters om my.

Haal eers die balk uit jou eie oog...

Wat my foto vir my sê: As jy die duwweltjies onder jou voet wil afvryf, doen dit op jou eie stoep en moenie anderman se werf bemors nie. Gun elke mens sy lewenspasietjie, al is dit hoe klein en jy gewoond aan die wye wêreld. Haal eers die balk uit jou eie oog voordat jy die splinters uit anderman se oog wil haal.

Advertisements
Categories: Slakgedagtes | 11 Kommentaar

Artikelnavigasie

11 thoughts on “Haal die balk uit jou eie oog

  1. Kameel

    Die foto van jou gaan sweerlik nou voor my geestesoog opduik, wanneer ek die spesifieke woorde hoor. Skerp gekyk van jou kant af, en dankie dat jy dit deel.

  2. Terug pieng: Bloed is dikker as water « MaanKind

  3. STUNNING STUNNING foto. Ek onthou jy het my al van die stomp vertel. En jy het my gedagtes opgetel, gaan kyk op my blog hoekom.

  4. Ek het my vorige slegte-lig poging op my FB gesit anderdag. Ek het net netnou op jou blog gelees en gecomment. Ek het baie min tyd vir blog op die oomblik, die eksamenvraestelle hou my te besig.

  5. Fantasties!

  6. Uitmuntend!

  7. Sjoe, wat ‘n besonder stomp -ook net omdart jy ons oe oopgemaak het daarvoor. Dankie vir jo0u mooi skrywe

  8. Terug pieng: Voetspoor in die klip « Slakkelak

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: