Verleentheid oor my eie spelling

Verlede week het ek vir ‘n paar dae ‘n saamrygeleentheid gehad werk toe saam met ‘n kollega. Ek het hom vertel dat ek pewter doen, maar nie gespesifiseer watter tipe nie, en hy het aangeneem dat dit pewter gietwerk is.

Hy vra toe vir my Vrydag of ek nie asseblief vir sy dogter ‘n menorah sal maak nie. Soos ons toe praat kom ek toe agter dat hy gedog het ek doen gietwerk, en toe ek verduidelik dat ek eintlik ‘repoussé’ of te wel embossering doen, toe sê hy dis ook reg.

So kom ek toe by die huis en laataand toe dink ek dat ek solank prentjies op die internet sal begin soek. Ek het nie geweet hoe mens menorah spel nie, en spel dit toe maar soos mens dit sê en tik by Google search in “soos die skeermeslemmetjies pictures” (Ek wil dit nie spel nie, die search enjins tel sulke woorde op in mens se blog en dan kom daar allerhande besoeke met baie lelike soektogte!)

‘n Paar sekondes later toe blom my hele skerm vol van l…a…b…i…a m…i…n…o…r…a! My hele skerm vol! Roelf wou hom skeur toe ek hom hiervan vertel en hy het my nou al die hele naweek gespot, want hy weet hoe preuts ek is.

Hoe dankbaar is ek nie dat ek nie vir my manlike kollega gesê het om gou saam met my in te gaan op die internet en ‘n prentjie te kies nie!

Advertisements
Categories: Sommer maar net | 2 Kommentaar

Artikelnavigasie

2 thoughts on “Verleentheid oor my eie spelling

  1. Het sy toe haar menorah gekry? Ek is mal daaroor, en is spyt ek het nie destyds in Israel vir my een gekoop nie. Ek wil nie een hier koop nie, dit sou daar meer simbolies wees.

    • Ek het nie ‘n mooi prnetjie gekry nie, hy moet maar vir my ene bring. Ek het vir my kuiergas iets mooi gemaak in die aande as sy gaan slaap het. Ek het hom vir haar toegedraai en gese sy mag hom eers by die huis gaan oopmaak.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: