Van toeka tot nou

Toeka se tyd is diere op ons plaas gejag met boë wat toegerus was met klip pylpunte. Die bewys hiervoor is die steentydperk pylpuntjies wat ons optel, veral na harde buie reën wat dit oopspoel. Hulle wissel van ongeveer 2.5 tot 5 cm in die lengte. Ek het ‘n perfekte enetjie gehad waarmee ek vir Roelf ‘n hangertjie wou maak, maar ongelukkig het hy uitmekaar gebars in die groot vuur. Wanneer ek nou nuwes kry word hulle dadelik afgeneem vir my plaasjoernaal.

Roelf het die naweek hierdie mooi pylpuntjie opgetel.

 

'n BAAAIE besonderse enetjie...

Ons plasie is in ‘n oorgangsfase tussen grasveld- en savannabiome en ek wonder hoe dit moes gelyk het selfs net ‘n paar honderd jaar gelede. Vorige eienaars het die grond totaal oorbewei met beeste en Lantana bedreig die biodiversiteit nog verder. Ek wonder watter wild in die steentydperk natuurlik hier voorgekom het, nou is alles ingebring behalwe grys- en rooiduikers, bosvarke, ape, bosbokke en witkwasjakkalse.

Ek wonder of die oermense ook gedink het dis mooi hier....

 

Dit is my missie om die biodiversiteit wat hier nog is te probeer bewaar. Die stukkie grond is my hemel op aarde waar ek vrede vind en ek ontdek allerhande mooi en interessanthede. Ek het ‘n Google Maps lugkaart van die plaas stukkie vir stukkie gecopy en gepaste wat ek nou gebruik as verwysing vir my plaasgids. Sodoende kan ek mooi aantoon watter plante waar voorkom.  Ek het ook ‘n stukkie versteende been gehad maar ongelukkig het ek hom nooit gefotografeer nie en is hy ook nou verlore.

Die voëlnessie hieronder is netjies uitgevoer met wildebees-sterthare, ons het al meer as enetjie wat so lyk opgetel na ‘n windstorm. Ek kon egter tot sover nie vasstel wie so oulik is nie, maar ek hou my oë oop!

Kyk die lang swart wildebees-sterthare!

Slegs wanneer van die wild uitgedun moet word of toe die finansies erg geknyp het en ons nie winkelvleis kon bekostig nie, word daar ‘n bok geskiet. Nooit met ‘n geweer nie, maar met ‘n moderne boog en vlymskerp lemmetjies as pylpunte en te voet sodat die bok ‘n regverdige kans het om weg te hol.

Roelf as klein seuntjie met groot drome van grootwildjag

Toeka is klip pylpunte gebruik wat waarskynlik met gif gesmeer is, nou ‘n boog met katrolletjies om die slaankrag te verhoog en vlymskerp lemmetjies om onnodige lyding te verhoed. Dieselfde beginsel… die mens moet eet.

Advertisements
Categories: Lankal terug, Plaaslewe | Sleutelwoordw: , | 3 Kommentaar

Artikelnavigasie

3 thoughts on “Van toeka tot nou

  1. Ek hou van daardie bont pylpuntjie- dalk ‘n hoofman s’n??

  2. Is daardie een pylpuntjie ‘n semi-edelsteen? Dis beslis klipwerktuie die!
    Ek sien in die koerant hulle het hier in Gansbaai omgewing ‘n werkswinkel van 40,000 jaar gelede ontdek, waar verf gemaak is van oker en rob-bene, en in perlemoenskulpe gemeng is.

  3. Sjoe, dit was nou interessant oor die pylpunte!
    Ek stem saam met jou – ‘n mens moet eet. En ons wat op plase woon is geleer om te eet wat daar beskikbaar is. In sekere dele van die land is dit eerder groente, ander dele van die land eerder vleis. Solank ons jag om te eet het ek nie ‘n probleem daarmee nie. Soos jy sê, ‘n mens moet eet! Maar jag sommer net vir die lekker daarvan… ek is nie altyd so gemaklik daarmee nie.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: