Dis lekker om op my plaas te kan draf

Hierdie jaar is nou besig om baie vinnig onder my uit te hol. En eintlik is dit maar reg, want dit beteken die vakansie kom nader! Dit beteken natuurlik dat ek ure en ure in die veld werk. HARD werk… maar LEKKER werk!

Ek byt nog vas met my drawwery en gister was ‘n verskriklike mooi dag op die plaas. Ons het die afgelope tyd lieflike reën gehad en alles is groen is silwerskoon gewas. Die vars reuk van die plante en die lekker soel laatmiddag was ideale omstandighede om lekker kop skoon te maak.

Ek probeer om soveel biodiversiteit as moontlik op my plaas met my kamera vas te vang en my oë mis niks!  Op pad het ek ‘n pragtige fungus gesien en toe ek by die huis kom het ek my kamera gaan haal en weer die pad gevat. My brakke was natuurlik uitgelate verby om nog ‘n ent te kon gaan hol!

Toe ek ingekom het van die skool af het ek vir Frikkie en Frieda gekry en gesien Frieda is op hitte. Nou is dit eers ‘n aardigheid by die aangenome kind! Frieda loop al om die bos met Frikkels kop onder haar stert agterna. Ten minste weet ek nou om oor veertien maande die baba te verwag. Ek het ‘n GROOT kans gevat om naby te gaan met my kamera. Frieda is KWAAI daar by haar ‘kind’ en ek moes maar gou my snappies vat en vinnig retireer.

Die donker kol net links van die 'luiperd' is waar sy heeltyd piepie. Kyk die paadjie wat sy al daar getrap het. Arme vrou.

Na ek die fungus afgeneem het was ek nog nie lus om huistoe te gaan nie en het maar ‘n lekker laaang draai gevat. Dit was so pragtig en ek het twee nuwe blomspesies gekry en ‘n pragtige wurm. Party blommetjies maak mos laatmiddag oop, ek moet meermale met my kamera gaan draf!

Rhanidiphora cinctiguttata of Rhanidiphora ridens?

Mag Kohautia virgata wees. Klein. <5mm

Ons is nou agt jaar op die plaas en elke seisoen bring nog steeds vir my nuwe organismes om te ontdek. En hier is draf is nie net oefening nie, dis ‘n ervaring en ‘n groot voorreg…

Advertisements
Categories: Plaaslewe | Sleutelwoordw: ,,, | 2 Kommentaar

Artikelnavigasie

2 thoughts on “Dis lekker om op my plaas te kan draf

  1. Mense wat hulle woonplek so waardeer, verdien dit. Jy is intens bewus van jou omgewing!

    • Dit is ‘n verlenging van myself. En soos ek kwaad uit my lewe probeer delg probeer ek die dinge wat die biodiversiteit aan my toevertrou uit te delg.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: