Ek ken my pad

Gerda sê op Facebook: “Pas terug van my redelik gebruiklike trippie met ‘n emmer kanaal toe. In die somermaande word ons gereeld die eienaars van ‘n padda of twee in die swembad. Die kwaak dan die hele nag deur, en die honde blaf vir die padda. Na ‘n nag of wat, vaar Hans daar in en dan word die padda in ‘n emmer gevang, en dan moet ek die volgende dag die padda in die kanaal gaan gooi. Maar Hans is seker die padda kom terug, want hy is elke keer groter. Hoop maar die volgende besoeker is nie weer so ‘n grote nie, anders gaan Hans paddamoord begin oorweeg!”

Op die plaas het mens twee pare tekkies nodig. Een paar vir dorptoe en een paar plaastekkies. Dis net onafwendbaar dat mens jou skoene beskadig as jy in die bosse loop. Plaastekkies kom GLADNIE in die huis nie, daarvoor is hulle te vol koeksels modder wat later droë stukkies mors in Ma se huis. So het my paar plaastekkies ‘n spesifieke plekkie op die stoepmuurtjie gehad.

Gedagtig aan lewende organismes wat kan seil, kruip en steek, is my tekkies elke keer sorgvuldig uitgeskud voor ek hulle aangetrek het. In die somer dra ek meesal net plakkies, dis te warm vir tekkies, selfs as ek gaan Lantana spuit.Op ‘n dag is dit toe nou nodig vir toe skoene, en ek het die gebruiklike skud gedoen, niks het uitgeval nie en ek het aangetrek.

Ek was haastig en was net effens vererg met myself omdat ek ‘n vorige paar kouse in die skoene vergeet het. Met my terugkoms druk ek toe my hand in om die kouse uit te haal, net om aan iets koud te vat… ‘n Padda, en hy het sowaar die hele stappie oorleef!

Hy het vir baie lank so in my skoen gebly, ek het hom maar elke keer mooi uitgeskud en dan het hy weer ingeklim as ek sy huis terugbring. Ek het geleer moet ook kýk, want diertjies laat nie vir hulle skud nie!

Eers toe kon ek verstaan waarom my oorlede Pa nie die padda in sý skoen gevoel het eenkeer lank gelede nie. Hy het nie baie goeie bloedsomloop en gevoel in sy voete gehad nie. My ma het eenkeer vreeslik begin kla oor sy voete wat so stink en ontdek toe ‘n baie vrot padda voor in sy skoen!

Jý ken jou pad na die geborgenheid van jóú huis. Daar waar jy weet jy beskutting vind. Daar waar jy weet kos is. Daar waar jou geliefdes is. Gun die padda om sy pad te ken. Gun hom om vir ‘n geliefde te roep. Hy is ook maar net ‘n wese gemaak deur dieselfde Vader wat vir jou en my gemaak het.

Advertisements
Categories: Plaaslewe | 6 Kommentaar

Artikelnavigasie

6 thoughts on “Ek ken my pad

  1. Nee man! Ek het ámper vandag daardie pakkie Frozen Frog Legs @ R345 p/kg by Joostenberg Deli gekoop! Gedink R38 vir die pakkie was ‘n bargain, maar my liewe man het daardie ranke boudjiies net één kyk gegee en gesê, no ways.

  2. Die paddas hou van hulle huis Nig Annie hou van paddas – so elke padda wat die kinders vang, gaan na haar toe. Weet net nie hoe hou haar kind daarvan nIe !

    • by ons is ook baie paddas, maar ons water is nie so naby die huis dat dit ons pla nie. Ons beplan ‘n visdam by die stoep… Ek dink in die dorp is dit anders, want daar is min plek

  3. Ek sal nie die padda pla nie, maar dan moet hy my ook nie pla nie. Ek gril my maklik in ‘n ander bloedgroep in 😈

  4. Dankie vir die waarskuwing dat diertjies hulle nie so maklik laat uitskud nie. My tuinskoene bly op die dek, en elke keer as ek my voet daar indruk kom daar so ‘n aardige gevoel oor my… wat as? Ek het my hoeka gisteraand oor ‘n mik geskrik toe ek ‘n reenspinnekop in die badkamer raakloop, as hy homself in my skoen moet tuismaak…! Daardie skoene bly van nouaf in my kas.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: