Waterterapie

Wat doen jy as jy lekker wil ontspan?

Elke mens het sekerlik meer as een manier van ontspan, maar een van die heel lekkerste dinge vir my is om in ‘n baie warm bad te lê. Daar moet natuurlik skuim in wees en ‘n sakkie waarin vars laventelblare toegebind is wat ek kort-kort kan druk om die aromatiese olies vry te stel wat kalmerend vir die gemoed is.

Ek glo die drukking van die water verplaas jou terug na die tyd in die baarmoeder toe jy veilig en warm was, sonder sorge en siektes. Die tyd toe jou stamselle begin differensiëer het om nuwe weefsel te vorm. Die tyd toe die eerste groei plaasgevind het. Die tyd toe jý plaasgevind het.

Net vandag het ek ‘n stukkie gelees oor hiperbariese drukbehandeling wat so goed is vir die herstel van weefsel. Met hierdie behandeling word jy in ‘n tenk geplaas waar jy 100% suurstof onder druk inasem.  Jou hemoglobien word versadig en die bloed word hipergeoksigineer binne-in die plasma; maksimum suurstof is dus beskikbaar vir selrespirase waartydens energie aan die liggaam verskaf word.

Energie.  Daardie wonderding wat God geskape het wat nooit vernietig word nie, maar net omgeskakel word na ‘n ander vorm.

Wanneer mens skubaduik asem jy nou wel nie 100% suurstof in nie, dis giftig vir jou sisteem, maar jou liggaam word onder druk geplaas en ek verstaan nou waarom ek so goed voel wanneer ek klaar geduik het. So vol lewe. So vol nuwe energie.

My gevolgtrekking van alles hierbo is dat ‘n hiperbariese tenk waarin jy ‘n bad kan sit met verhitte water en sakkies met vars laventelblare eintlik standaardtoerusting behoort te wees in elke huis. Dínk net hoe gesond, kalm en vol energie ons almal dan gaan wees!

Advertisements
Categories: Slakgedagtes | Sleutelwoordw: | 11 Kommentaar

Artikelnavigasie

11 thoughts on “Waterterapie

  1. Ek LIKE die pos besonders, want ek voel ook sommer beter…

  2. My lekkerste ontspan is om op my bed te le en lees

    • Ek kry min tyd vir lees.
      Maar bad moet mens elke dag doen. Die chalet het mos net ‘n stort en ek het baie gou ‘n groot plasiekskottel wat presies diagonaal in die stort inpas gaan koop. Gelukkig is ek klein genoeg vir die skottel, maar sien uit daarna om oor ‘n paar maande myself elke aand uit te strek in ‘n properse bad.

      • Ek lees sommer IN die bad 🙂 Swem is vir my die lekkerste ding en veral by Goudini, in die warm baddens. Dit maak my rustig en laat my lekker slaap.

      • Ons gaan volgende week Swadini (Limpopo) toe vir ‘n paar dae en ek kan nie wag nie.

  3. Ek sien myself al in so badskottel. Ek hou meer van stort as van bad

  4. Dit is seker hoekom dit vir my gevoel het ek loop op die wolke wanneer ek van “water aerobics” af terugkom. Een aand het ‘n vrou ‘n masjien wat suurstof blaas by ons kom demonstreer. Ek le in die bad op ‘n matjie wat vibreer, die water borrel al om my en die majien blaas suurstof. Net vyf minute se sy… jou liggaam moet stadig daaraan gewoond raak. Ek het in my lewe nog nooit so lekker gevoel nie… en sien sommer klaar uit na elke dag se bad. Die prys bring my vinnig terug aarde toe… maar ek hou nie op droom nie – wie weet eendag besit ek miskien daardie wonder masjientjie.

  5. Bad!! Dit hoef nie baie water te wees nie, maar ek hou van bad. Dis die heel laaste ding wat ek op ‘n dag doen. Daar kan ek lê en ontspan en dink as ek wil, of glad nie dink nie. En as iemand my DAAR pla, is daar MOEILIKHEID!! Die kinders was ook kleintyd altyd lief vir saambad, maar gelukkig is hulle nou al almal mooi groot en beslis nie meer lus vir ‘n saambaddery nie.

    • My man hou nie van bad nie, maar sal spesiaal saam met my kuier af en toe. Net nie in die somer nie, wat ek hou van WARM water.

      Dis ook my alleen-alleen tyd…

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: